SASSA nuus, Minister minag parlement, watse gevaar hou dit in vir die Pensioenarisse

Die omstrede minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het haar die gramskap van die portefeuljekomitee op die hals gehaal nadat sy nie opgedaag het vir ‘n vergadering.

Ook SASSA, wat onder Dlamini val, se verteenwoordiger het ook nie opgedaag nie.

Hulle het bloot laat weet dat hulle niks nuuts het om oor verslag te doen nie.

Intussen is pensioenarisse weer in onsekerheid gedompel omdat SASSA weer dreig om vas te brand om uitbetalings te doen.


Enjoyed this post? Share it!