SAUK Nuus Brokkies en Sosiale Media Kommentaar oor Selfbeskikking


Brokkies Nuus en opinies op Sosiale media oor Selfbeskikkig Wat sê die mense?

Artikel 1

Uitgerekte NUM Staking kan Weer tot Moontlike Beurtkrag Lei

Suid-Afrikaanse inwoners het vir die afgelope paar maande weer gewoond geraak aan die lewe sonder beurtkrag, maar as die jongste staking in die land uitgerek word, kan dit dalk weer ’n alledaagse verskynsel word.

Sondag het meer as 30 000 steenkoolmynwerkers wat lid is van die National Union of Mineworkers (NUM) begin staak. Die meeste van Eskom se steenkoolkragstasies het meer as 30 dae se steenkoolvoorraad, Volgens Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder verwag hulle dus nie dat die staking ’n impak gaan hê op die vermoë om elektrisiteit in hierdie stadium op te wek nie.

Eskom het vroeër Maandag getwiet dat die waarskynlikheid vir beurtkrag laag bly en dat daar die afgelope 57 dae slegs 2 uur en 20 minute se beurtkrag ingestel is. Phasiwe sê Eskom hoop dat die steenkoolbedryf en die vakbonde vinnig ’n oplossing sal vind, want as dit uitgerek word kan dit moeiliker raak om die ligte aan te hou.

Die arbeidsverhoudinge in die steenkoolsektor is relatief meer stabiel en myne is meer gemeganiseerd en daarom sal die staking “waarskynlik nie langer as twee weke duur nie, en mag dalk binne ’n paar dae opgelos word volgens Mark Rosenberg, ’n direkteur van Eurasia-groep in Afrika. Indien die staking egter langer duur as verwag, kan die ekonomiese koste beduidend wees.

Die NUM onderhandel nou reeds drie en ’n half maande oor lone in die sektor, volgens Peter Bailey, die NUM se hoofonderhandelaar in dié sektor. Selfs nadat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie betrek is, kon hulle nie ’n ooreenkoms bereik nie.

Steenkoolmyne bied verhogings van tussen 5,5% en 8,5% aan, terwyl die NUM verhogings eis wat neerkom op sowat 13% of 14%. Volgens die NUM is geen vergaderings sover met die mynmaatskappye beplan nie – Afrikaanse Nuus

 

Artikel 2

SA se Ernstige Waterkrisis in Gehalte, nie Volume

Die omgewingskundige dr. Anthony Turton meen dat Suid-­Afrika voor ’n dreigende watergehaltekrisis staan.

Alhoewel Suid-­Afrika genoegsame water het om in sy behoeftes te voorsien, is die gehalte van hierdie water uiters kommerwekkend. Dr. Anthony Turton, omgewingskundige, het tydens AMT se jaarlikse landbouvooruitskouingskonferensie gesê dat suur mynwater, eutrofiese besoedeling en probleme met riool alles ’n bydrae lewer om die gehalte van water in Suid­-Afrika te bedreig.

Vanuit ’n landbou­oogpunt is die besoedeling van waterbronne een van die belangrikste enkele kwessies. Die uitwerking van versuring van waterbronne weens mynboubedrywighede is deeglik gedokumenteer en maniere om die kwessie te hanteer word tans deur die Regering ondersoek. Twee ander faktore, naamlik die bestuur van riool en eutrofikasie van waterbronne word egter nie tans so deeglik onder die loep geneem nie.

Eutrofikasie vind plaas wanneer ’n omgewing se voedingstofvlakke te veel styg en lei tot ’n ontploffing in die groei van alge, met ’n gevolglike afname in suurstof in die water. Dit lei dan daartoe dat akwatiese plant­ en dierspesies nie meer in die water kan leef nie. Sowat 75% van Suid-Afrika se waterbergingskapasiteit in groot damme is tans deur sianobakterieë besoedel. Hierdie bakterie vervaardig ’n gif genaamd mikrosistien. Ontwikkelde lande word bekommerd wanneer mikrosistienvlakke 10 mikrogram per liter bereik. Suid-Afrika sit gereeld met vlakke van tussen 10 000 tot 18 000 mikrogram per liter, en watersuiweringsaanlegte het nie die tegniese kapasiteit om die toksien te verwyder nie.

Die storting van onverwerkte riool is ook ’n groot bydraer tot eutrofikasie. Suid­-Afrika het 10 085 watersuiweringsaanlegte waarvan 250 onder standaard bedryf word. Suid-Afrika het ook 824 rioolsuiweringsaanlegte wat gesamentlik 5 128 miljoen liter onverwerkte riool per dag moet verwerk. Uit hierdie hoeveelheid word slegs 836 miljoen liter per dag verwerk tot vlakke waar dit met veiligheid in die land se riviere teruggeplaas kan word.

Die res, vloei direk terug in die riviere en damme van die land­ wat die staat die grootste enkele besoedelaar van Suid-­Afrika se water maak. Rioolbestuur is besig om te ontwikkel as ’n belangrike risikofaktor vir die landbou, maar dit word nie deur beleidmakers as sulks erken nie. Rioolbestuur gaan heel moontlik ook ’n groot verkiesingskwessie in 2016 word, maar dit gaan nie die probleem oplos nie.

Volgens Turton kan Boere dus verwag dat daar ’n eksponensiële toename in eutrofikasie gaan plaasvind, en dat dit ’n impak op hulle boerderye gaan maak. Hy stel voor dat Boere bly voortgaan om diegene wat verantwoordelik is vir die wanbestuur van rioolsuiweringsaanlegte te vervolg.

water

Artikel 3.

Geslagte se werk is nodig om die agterstand in te haal in kennisoordrag en opleiding in Suid-Afrika. Een van die oplossings is die benutting van tegnologie, soos selfoon-bedryfstelsels, meen ‘n plaaslike ondernemer.

Me. Rapelang Rabana, stigter en uitvoerende hoof van Rekindle Learning, sê mense moet hulle nie blind staar teen ‘n gegewe stel faktore of lewensomstandighede nie.

Sy het op Landbouweekblad se konferensie in Bloemfontein gesê die wêreld, soos mense dit ervaar, hoef nie as die enigste werklikheid aanvaar te word nie, aangesien dit konstant aan die verander is.

Rabana is een van die Suid-Afrikaanse ondernemers wat deur die tydskrif Forbes as een van Afrika se top-ondernemers onder die ouderdom van 30 jaar aangewys is.

Haar onderneming, Rekindle Learning, bied oplossings vir opleiding wat op mobiele platforms gebruik kan word. Volgens haar kan opleiding selfs op landbouvlak en op plase met die benutting van selfoontegnologie geskied.

Sy het as ondernemer die geleentheid benut om vaardighede en kennis vinnig en maklik oor te dra aan mense wat deel uitmaak van ‘n vinnig veranderende werkmag. “Dit is van die uiterste belang dat jong mense in dié land en in Afrika bemagtig en opgelei moet word sodat die vasteland tot sy volle potensiaal kan ontwikkel,” sê sy. “Dit verg groot ontwikkelingspronge om die vaardighede oor te dra.”

Van haar ander projekte hou verband met onder meer maniere om jong mense by tegnologie-oordrag betrokke te kry, asook ‘n projek in Kenia.- landbou

 

Artikel 4

Boere, julle stem is nodig, nooi Zokwana

Boere moet hul stemme in openbare forums laat hoor, het landbouminister Senzeni Zokwana op LBW se konferensie in Bloemfontein genooi.

Ons kan in Suid-Afrika net wen as ons saamwerk, en nie as individuele entiteite nie, sê landbouminister Senzeni Zokwana.

Hy het op Landbouweekblad se jaarlikse Oplossings vir die Landbou-konferensie in Bloemfontein ’n sterk beroep gedoen vir vennootskappe tussen kommersiële boere en die Regering.

“Toe die Springbokke gewen het, het hulle nie gewen omdat hul ‘voorlyn’ die beste was nie, dit was omdat daar goeie koördinasie tussen hul voor- en agterlyn was,” het Zokwana gesê.

Hy het ’n verdere beroep op boere gedoen om hul stemme in openbare forums te laat hoor.

“Julle stem is nodig; ons het dit nodig om jul menings te hoor, om na jul bekommernisse te luister.”

Hy het ook die deur vir hernieude debat oor regeringsubsidies aan boere geopen. “Ek weet julle kry nie subsidies nie, en dat jul mededingers in die buiteland dit kry. Dis ’n debat wat ons behoort te voer.”

Hy het aangedui dat sy departement met die owerheid van Iran in gesprek is oor marktoegang vir Suid-Afrikaanse sitrus en mieliemeel, en met die Europese Unie oor wildvleis-uitvoere.

 

Artikel 5 Sosiale media

“Wanneer ‘n blad met meer as 130 000 “likes” ‘n berig plaas van een van ONS mense, boonop ‘n vrou, wat op haar plaas aangeval, met ‘n mes gesteek, met ‘n strykyster gebrand is en deur TWEE BARBARE verkrag is en, na byna ‘n halwe dag verloop het, slegs 27 mense dit die moeitewerd ag om daarop te reageer, dan moet ons maar WEET dat hierdie dinge ons lankal nie meer so skok of diep raak soos ‘n jaar of 2 gelede nie…

…en dan wonder mense waarom hierdie soort berigte bitter selde die nuus haal… of hoekom mense soos ek nie meer ure elke dag sit en rekord hou van hierdie aanvalle en moorde nie, nie meer soveel as 16 ure ‘n dag aan navorsing spandeer nie, nie meer die artikels hieroor skryf nie, nie meer nagte wakkerbly om onderhoude met oorsese media te doen nie…

…maar laat ‘n bekende se huismoles nou die nuus haal! Kyk, dan is dit net bloed en derms en duisende praat saam vir weke!

So is daar vanoggend 2 berigte op Netwerk 24 se webblad. Die 2de mees geleeste berig is die oor Karlien en Derick se egskeiding met 35 mense se opinies daaroor… en die berig oor die 57-jarige vrou wat op haar plaas naby Harrismith aangeval, met ‘n strykyster gebrand is, met ‘n mes gesteek is en deur 2 verdomde BARBARE verkrag is, het nie eers die Top 10 gehaal nie… met 10 kommentare…

…en dan wil ons weet wanneer die buiteland ons gaan help…

Uhm… Miskien eendag, wanneer ons besluit dat moord en verkragting dalk meer van ons aandag verdien as bekendes se persoonlike lewens! Sx”

 

Artikel 6

Agriforum

 OPINION/OPINIE:

Presisie-boerdery die weg vir oorlewing

Om water oor Gods akker te laat loop, deug nie meer in vandag se boerdery-omgewing met sy talle uitdagings nie. Dalende produksie en die kosteknyptang wat al stywer wurg, noop boere om die beginsels van presisie-boerdery toe te pas – ook die tema van beide die LPO-kongres (6 en 7 Oktober) en die NLU-kongres (7 en 8 Oktober). Verskeie kundige sprekers sal dan hierdie onderwerp deeglik toelig – inligting wat nie verlore durf gaan nie, maar prakties toegepas moet word.
Die afgelope paar jaar word landbou-platforms gereeld ingespan om boere touwys te maak oor belangrike bestuurshulpmiddels. Die vertrekpunt is om doelwitte te stel, ‘n visie te hê vir jou boerdery, te weet watter aksies nodig is vir wat jy in ‘n bepaalde tydperk wil bereik. Die lys van pligte vir die boer word al langer om winsgewendheid te verseker: rekordhouding, goeie finansiële bestuur, dekseisoene, dragtigheidsondersoeke, vrugbaarheidstoetse en die toepassing van die weidingbeginsels wat die nasionale weidingbeleid vereis.

 1962683_10152823196414892_754978724552274121_n

Artikel 7 Sosiale media

Ons plan ” B’ vir Suid – Afrika

Ek het amper agteroor geval toe ek lees, wat Flip Buys en sy Beweging beplan vir ons. Dit is duidelik dat Flip Buys se definisie van Afrikaners, ander kleuriges insluit. Nou ja, 17 Maart 1992 het die De Klerk verraaiers soortgelyks belowe . Hulle het ons belowe ons taal, kultuur en erfenis sal beskerm bly. Noudat die ANC krane oopdraai teenoor die witras en alles wat Afrikaans is kom Solidariteit met ‘n plan ” B’ vorendag.

U moet asseblief onthou dat die FW de Klerk stigting bydraend is tot Solidariteit Beweging is. Nou wil ek weet ? Flip Buys sê,’die ANC fokus op die swartmense” Wow Flip, waar was jy gewees die afgelope 21 jaar? Wat het julle klomp gedink , dat die ANC na die witras gaan omsien?

Dit is julle tipe mense wat Mandela koors gekry het en die sogenaamde “Mandela legacy” aanbid het. Ek vergeet ek is mos regs en ‘n ekstrimis, vergeet jy Flip? Toe mense opgestaan het by Paul Kruger standbeeld, vir ons erfenis , toe label jy ons? Waarom wil julle nou dinge verander? Sodat almal kan dink julle is die nuwe heros van die witras?

Wat verstaan jy nie Flip? Selfbeskikking en ekonomiese Vryheid is die enigste uitweg. Die Boerevolk kan slegs vry wees as hy 100% funksioneer op sy eie , grond en ekonomies.Ons is klaar geboelie Flip, die wonde en bloed van vermoorde witmense le orals. Ons skik nie vir n plan “B” NIE, Ons skik nou vir algehele Vryheid.

Julle plan ” B” is nes, De Klerk se s’n. Julle gaan maar net weer ‘n probleem uitstel , vir 21 jaar.. Dit is duidelik dat die groot meerderheid van die witras nie deel uitmaak van julle planne nie, aangesien julle ander rasse akkomodeer. Die feit dat die witras ‘n dalende bevolkingsgroei het, kan slegs beteken dat julle oor 30 jaar meer gaan staatmaak op ander groepe se geld. en ondersteuning. Weereens is ons die verloorders.

Om polities korrek te wees is die “downfall” van die witmense .
Die 10 de Oktober wil julle ons toekoms bepaal. Gaan skep julle toekoms, gaan bou Universiteite, gaan skep werk vir die armes, teen 2036 sal ons sien of julle plan binne die ANC se strukure gewerk het?

Intussen sal ons ander voortgaan om 100% selfbeskikking en ekonomiese Vryheid te op te eis. Vryheid het ‘n prys , ek is bereid om daardie prys te betaal. Geld kan baie dinge doen, maar Vryheid sal hy nooit kan koop nie!!

Die bloed van my Volk is kosbaar en nie te koop nie, dankie.!

 

Artikel 8 Sosiale media

 

Miskien verstaan mense my nie mooi nie. Die feit dat ek nie saamstem met Solidariteit Beweging nie, se ek nie daar is mense verwant aan die Beweging wat uitstekende werk verrig nie.

Ek verskil van Flip Buys se benadering, nes hy verskil van my. My gevoel is ons moet selfbeskikking 100% najaag, hy nie. Die Vryheid van spraak en assosiasie maak voorsiening dat ons n eie mening kan spreek.

Ek het al baie gese, jy hoef nie saam te stem met my nie, maar my seining bly ons sal beter af wees vry as onder die anc, of hoe?

 

Artikel 9

Selfbeskikking/Self Determination via RapportWeb

Jammer, maar enige iets wat iets met FW de Klerk te doen het, sal mens bevraagteken. FW en Broederbond.

Jammer ek kan nie die artikel van NAARPERS self plaas nie – wys mens net hoe ernstig is hulle oor die toekoms van die Afrikaners, Blankes en Boere in Suid-Afrika… eintlik is dit pateties… en dan dink hulle ons moet hulle glo.

…………

Die Ruiterwag het met die ANC onderhandel voor 1994, planne op die tafel gegooi en siedaar, dankie mens soek nie ‘n herhaling van die gemors waarin ons reeds is nie. En mense moenie kom se FW is nie betrokke by Solidariteit nie, Afrinet en FW de Klerk loop hand aan hand, hy is gasheer in Europa vir Solidariteit se Europese tak….

Gaan kyk na die Grondwet wat FW de Klerk destyds onderhandel het, spesifiek die 1994 een, waarin Grondhervorming, grondonteiening, sowel as Swart bemagtiging is… dit het in WETgewing gekom – Swart bemagtiging is deur Mandela onderteken in 1997. Daarna het die res gevolg. Die grondwet het effens aangepas in 1996, maar basies dieselfde. Hofsaak of hofsaak oor alles, en wie word hierdeur verryk, as daar poste of besighede weens BEE/B-BBEE afstand moet doen van 51% swart rassistiese oorname. Ja, dit is oorname, want hulle het wetgewing gebruik om meerderheidsaandeel daarin te besit.

Oor veiligheid van ons eie mense – laat buurtwagtes met rus, dit is ons inwoners wat dit self op die been gebring het, hou asseblief die Broederbond hieruit….

Slegs Eksterne Selfbeskikking/Self Determination sal ons waarborge verskaf, niks minder as dit, waar ons geregtig is om onsself op alle terreine te regeer, sonder dat ons oor ons skouer moet kyk na onteiening of swart bemagtiging. Hulle skend al vir 22 jaar ons menseregte. Niemand gaan ons regte herstel, behalwe onsself nie.

….

….. ek het persoonlik self al met Flip Buys op telefoon gepraat oor selfbeskikking en hy het verkies om die oproep te be-eindig.

Ek het gereeld op Solidariteit, Afriforum, Landbouweekblad en VF+ selfbeskikking voorgehou as oplossing, dat ons onsself kan regeer, in ons eie gebied, AL HIERDIE MENSE HET VERKIES OM MY TE BLOK EN AF TE HAAL

 

Artikel 10

Vryheidsfront Plus / Freedom Front Plus

Chris Greyling skryf op sy blad die volgende oor die Ja/Nee-referendum van 1992 en die gevolgde daarvan:

REFERENDUM: Hier is die ware feite tov destyds se referendum en nie Naspers se weergawe nie :

Niemand het “ja” gestem vir oorgawe nie. FW de Klerk se oorgawe aan die ANC/SAKP was totaal en al onwettig tov die blankes en veral die Afrikanervolk.

Tydens FW se “roemryke” referendum van 17 Maart 1992 was die kieserstal soos volg: 30% van die totale kiesers het buite stemming gebly (die protesstem) en die ander 70% van die kiesers wat wel gestem het, het volgens die media “ja” of ‘nee” gestem (daar was kundiges wat die hoë syfer sterk betwyfel het). Die resultaat was dat slegs 58% van ALLE kiesers uiteindelik “ja” gestem het. Wat meer is, die “ja” stem was gebaseer op die vraag:

“Is u ten gunste van die voortsetting van die Staatspresident (F.W. de Klerk) se hervormingsproses wat op 2 Februarie 1990 begin is en gemik is op die daarstelling van ’n nuwe grondwet deur onderhandeling”.

Nêrens in die vraag staan daar “is u ten gunste van algehele oorgawe en verlies aan mag met permanente onderdrukking deur die ANC/SAKP op grond van ras, geen wigte-en-teenwigte en die uitmoor van die blankes nie”…….asook vele meer negatiewe aspekte. Verder het de Klerk belowe dat indien wesentlike veranderinge sou plaasvind, hy en sy NP na die kiesers sou terugkeer vir verdere goedkeuring. Laasgenoemde het soos almal weet natuurlik nie gebeur nie en daarom die groterwordende ongelukkigheid by meeste blankes in SA en ook die wat emigreer het.

In die lig van De Klerk en Roelf Meyer se optrede kort daarna, asook die verwikkelinge sedertdien, sou daardie referendumvraag eerder só moes gelui het: “Is u ten gunste van ‘n militêre oorgawe aan die ANC en SAKP, met die oorhandiging van die weermag en alle outomatiese wapens aan Umkhonto we Sizwe, asook die instelling van grondhervorming, rassediskriminasie teen blankes op alle gebiede en die uitfassering van Afrikaanse skole en universiteite?”
Indien dié vraag destyds gevra is, sou waarskynlik net ‘n klein groepie radikales en Engelssprekendes in 1992 “ja” gestem het. Die res sou saam met die KP en HNP “nee” gestem het.

FW en sy gespuis het gevra dat JA gestem word vir:

*‘n Veilige toekoms vir ons en ons kinders
*Vreedsame naasbestaan en Gelykwaardige geleenthede
*Ordelike hervorming en Redelikheid
*Die Beskerming van Groepsbelang deur eie besluitneming
*Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking
*Sterk en doelgerigte leierskap
*‘n Eendragtige en Weerbare Suid-Afrika
*Ekonomiese, Politiese en Maatskaplike stabiliteit
*Die handhawing van ordelike regering en standaarde
*Veiligheid, Vryheid en Voorspoed deur Geregtigheid

Soos almal weet het bg nie gerealiseer nie. Die gewese redakteur van die Sunday Times Ken Owen, het in die vroeë 1990’s geskryf dat die Afrikaner nie ‘n idee gaan hê waarvoor hulle sou stem nie. Die kiesers was in die duister gehou. Na die verkiesing in 1994 skryf Ken Owen die volgende oor wat FW de Klerk aan die Afrikanervolk gedoen het: “FW de Klerk went way beyond his mandate” en “criminal treason against the Afrikaner”.

Oud NP-leier in die Vrystaat Inus Aucamp, skryf in sy boek dat FW en sy meelopers net eenvoudig (onwettig) oorgegee en sy kiesers uitverkoop het. Die huidige bestel is dus sovêr dit die Afrikanervolk aanbetref onwettig.

Ja stemmers

Artikel 11

Selfbeskikking

Ons as volk het opsies om te reageer – gaan ons aanhoudend watertrap op een plek, of gaan ons ‘n slag wys ons kan ook swem na vryheid?

Sedert 1994 was daar ondersoeke aan die gang rakende Selfbeskikking vir ons as volk. Gaan kleik op ons foto’s daar is baie inligting daaroor. Constand Viljoen het voor die 1994 selfbeskikking beding om ondersoek te word en dit is ook so in die grondwet ingeskryf, dit stem verder ooreen met internasionale reg en besluite, dat minderhede wat onderdruk word, geregtig is om hulself op alle gebiede te regeer (dws. onafhanklikheid verkry)….

Ons kan dit steeds doen. Ons is al 22 jaar wat ons aanhoudend baklei oor ons eie verlede, ons mense wat ons ingedwing het in situasies in. Intussen word ons al hoe armer en ons word uitvermoor. Wat help dit ons kerm en kla, maar ons doen niks daaraan. Ja, ons het buurtwagte, en dis uitstekend, bou daarop voort.

Dit is tyd dat ons konkreet en positief moet vorentoe beweeg en as ‘n volk ons reg opeis… om onsself uit die gemors te kry, met Sy hulp en bystand. Ons kan nie verwag die anc of da gaan dit vir ons doen nie, nog minder die liberales onder ons eie mense wat teen selfbeskikking is en eerder gaan vir duur hofsake, ander prosesse om onsself te bewys nie. Duur hofsake het in 22 jaar ons niks gegee nie, nog minder kan dit ontslae raak van wette. Daar is internasionale riglyne oor selfbeskikking. OASE het reeds heelwat navorsingswerk hier ingesit. Immers as ons eers ons eie gebied het, wat nie finaal hoef te wees nie, om te gaan bly en onsself opbou. Niemand se dit gaan maklik wees nie, maar dis ‘n hele pad wat ons moet stap. Dis of dit, of ons sterf uit, keuse is u sin.

Dit is tyd dat ons optree vir ons eie regte. Ander etniese volke binne en buite SA gaan nie vir of namens ons optree nie, net ons kan dit doen. Onthou, is nie hulle wat onderdruk word nie, maar ons. Duur hofsake, selfstandigheid gaan ons nie ons vryheid gee nie, nog minder gaan dit ons vrywaar dat alles van ons onteien word….

Die keuse is elkeen van ons sin, en wat doen onsself daaraan. Ons het 22 jaar gehad om Constand Viljoen te ondersteun, en wat doen ons daarmee? Gaan ons op ‘n hopie sit en wag om vermoor te word. Die “wereld ordes” is al baie lankal aan die gang, en niemand kan se waar, wanneer dit gaan gebeur nie. Dis ons as volk wat moet opstaan vir ons eie regte wat geskend word….

Catryn

imro


 

Enjoyed this post? Share it!