SAUK NUUS & RADIO is op soek na ‘n deeltydse advertensie verkoopsagent.

Die SAUK platform (nie SABC nie), bied ‘n goeie geleentheid vir besighede om hul produkte te bemark en ons soek iemand om die storie aan hulle oor te dra.
 
Ons kry oor ‘n Duisend unieke luisteraars per week op ons SAUK Radio en meer as 15,000 unieke kuiermense op ons SAUK Nuus Webwerf per maand. Ons Faceboek blad het 48,600 “likes” en bereik soms 1.5 miljoen mense.
 
Daar is ook verskeie ander kanale in ons portefeulje waar advertensie en borg geleenthede verkoop kan word, insluitend die engelse SA-News.com onder andere. Ons bied advertensie geleenthede in SA asook in die buiteland.
 
Die pos sal die eerste wees vir ons bemarking aktiwiteite en dus soek ons iemand wat op hul eie kan werk, inisiatief het en die belangrikheid van die beskerming van ons kultuur verstaan.
Ons skep ook vir iemand die geleentheid om hul eie department uit te bou binne ons organisasie.
 
Wyl ons graag van iemand met ondervinding wil hoor, of wat dalk huidiglik kliënte deeltyds kontak/besoek vir bemarking, is ons ook bereid om iemand op te lei.
Inderdaad, ons uitsig is revolusionêr en dus moet sekere gewoontes afgeleer word…
 
Die persoon moet natuurlik hul eie goeie internet konneksie en rekenaar hê en kan in SA of die buiteland woon.
 
Stuur asb. U besonderhede aan Don op nuus@sauk.co.za
 
Neem Ons Erfenis en Toekoms Terug!
saukradiologo160

Enjoyed this post? Share it!