SAUK Onthou: Die Aardbewing by Tulbagh en Ceres 1969


Onthou jy nog die Aardbewing by Tulbagh en Ceres 1969?

Die Bolandse aardbewing

In die nag van 29 September 1969 word die grootste aardbewing-skade in menseheugenis in Suid-Afrika aangerig toe veral die dorpe Ceres, Wolseley en Tulbagh erg verniel word deur ’n aardskok op die sogenaamde Worcester-breuk in die aardkors. Honderde huise word in bouvalle verander en moet gesloop en herbou word. Elf mense is op die omringende plase dood waar swak geboude tuistes ineengestort het

 

CERES

Agtergrond: Ceres is in 1854 aangelê op die plaas van Jan Frederick Munnik en is vernoem na die Romeinse Godin van landbou. Van die begin van die dorp stigting is die inwoners aangemoedig om bome te plant, derhalwe die boomryke dorp. Die omliggende berge word gereeld in die winter met sneeu bedek. In toerisme brosjures word Ceres dikwels die Switserland van Suid Afrika genoem. Ceres is op 29 September 1969 deur dieselfde aardbewing getref wat Tulbagh getref het.. Groot skade is aangerig. Ongeveer 70 % van Ceres se geboue is in die aardbewing beskadig.. Selfs die toring van die NG Kerk het omgeval.

 

Enjoyed this post? Share it!