SAUK Radio – Geweld De Wildt – Inligting sopas bevestig

Pad word toegemaak weens onluste by zama zama
Vermy Hornsnekweg tot verdere kennisgewing asb
Daspoort tonnel en van der hof weg ook gesluit asook die Tolhek anderkant Rustenburg afdraai, trokke en karre staan kilometers ver opgedam op die Pietersburg snelweg
Brand tyres net voor Rama City van robot se kant af, in die pad
Dit is op R566
Nuutste terugvoer oor probleme op die paaie. Op R566 tussen Rosslyn en Brits by Rama City is vanoggend bande gebrand.
Wees versigtig en vermy eerder die area. Van der Hoff weg vanaf Hartbeespoort, vermy die area sover moontlik.
Pad is gesluit vanaf Bonanza tot verby Bremer str. Bremer straat deur die tonnel is gesluit en groot hoeveelheid betogers teenwoordig.
Berigte ontvang van moontlike probleme by Doreen laan in Akasia. Vermy sover moontlik.
N1 Noord vanaf Pumelane tolhek gesluit weens onluste by Hammanskraal.
Probleme ook skynbaar by Hans Strydom en Simon Vermooten in die ooste van Pretoria.
N4 snelweg is sover nog skoon en oop behalwe vir opeenhopings agv verkeer wat terug blok.
N1 suid na Jhb is skoon ek kan gebruik word. Tans is die stad nog rustig em geen berigte van probleme ontvang vanaf Pta N area nie.
R513 tussen Pta N een De Wildt is skoon en veilig vir gebruik.
Boodskap nou ontvang dat moeilikheid nou ook Rosslyn bereik het en dat die Boekenhoutskloof pad versper word.
Situasie oral in Pretoria rondom woongebiede en plakkerskampe uiters onstabiel en onrustig.
Die rede is die aanwys van Thoko Didisa as burgermeesterskandidaat vir die ANC. Plaaslike ANC lede verkies die huidige burgermeester en weier om die nominasie te aanvaar
Corrie

Enjoyed this post? Share it!