SAUK wens almal ‘n Onafhanklike Nuwe Jaar!

Mag ons die geleentheid neem om aan almal ‘n Onafhanklike Nuwe Jaar te wens!

Al het dinge nog verder agteruit gegaan in SA in 2016, het dit op die wêreld vlak, wat op die einde van die dag baie invloed op SA het, beslis deurbrake gehad met BRexit en Trump. Beslis nie naby genoeg nie, maar dit gee vir ons die hoop dat baie meer mense se oë oop sal gaan oor die eeu oue gevaar van globalisme of sentralisme wat die DA, ANC, EFF ens. preek.

Dit gee vir ons die unieke geleentheid om ons situasie en mense se gedagtes te sien vanuit die standpunt van onafhanklikheid, self beskikking en ware diversiteit.

En wat baie meer belangrik is vir dié doel van bespreking van self beskikking, is dat die Massa Hoofstroom Media  (MSM) uitgevang is met hul leuens en “Fake News”. Iets wat ons natuurlik al jare geweet het, maar dit het ook mense geleer daar is nie so iets soos onafhanklike of “unbiased” media nie.

By SAUK (nie SABC nie) is ons al lank bewus hoe belangrik alternatiewe media is en werk al jare daaraan. Inderdaad, ons glo al ons werk vir self beskikking oor die jare is juis tevergeefs omdat ons nie ons eie alternatiewe media platform het nie. Ek sal nog verder gaan en sé dat dit juis die rede is hoekom ons ons koppe alewig teen die muur van onderdrukking kap sonder sukses.

Dit is waarom ons die SAUK Nuus en Radio platform opgestel het (nie SABC nie). Nie om onsself te bemark nie, en beslis nie om geld te maak nie. Ongelukkig het ons ook oor die jare geleer dat dié twee motiverende redes, (selfverryking en ego), aanhoudend in ons pad staan.

Daar is te veel mense wat koning wil kraai in hul eie kraal en ‘n kasteel wil bou. Wat ons volk se saak misbruik vir roem, lof of geld, (soms in die naam van Welsyn). Hulle weet wie hulle is.

Maar, ek moet erken tot ‘n groot mate dat dit nie heeltemal die gulsige mense se skuld is nie. Dit is ongelukkig juis hierdie eienskappe wat die geldmag in die “moderne Afrikaner” (en selfs Boer) aangeteel en ingedring het sodat ons mense die geldmag kon dien (in welke manifestasie van die geldmag dat dit sou wees).

Byvoorbeeld: die geldmag het al van voor 1902 in ons die beginsel ingedring dat die Media en Die Pers onafhanklik en edel moet wees, terwyl hulle self dit misbruik het om hul eie agenda te bevorder.

Maroela Media en AfriSol (onder andere) is ‘n goeie voorbeeld van hierdie verleider valse edelheid, of valse morele hoë grond as jy wil. As jy nie eerste lojaal aan jou eie bestaan is nie, dan staan jy vir niks (dit is inderdaad wat multikulturisme is – staan vir als en staan dus vir niks).
Edelheid sonder ‘n rede of doel is skynheiligheid.

Dit is nie noodwendig AfriSol se skuld nie, hulle het nooit gesê hulle verteenwoordig die Volk nie, en in die afwesigheid van ‘n alternatief, het die volk maar hulself op plekke soos MaroelaMedia (onder andere) projekteer, en natuurlik gaan AfriSol nooit aandag of geld wegdraai nie.

Gelukkig, het die buiteland vir ons gewys, dat daar meer as hoop is, en hierdie bewegings is al sterk aan die gang daar, op grondvlak, vir dekades al.

Ons wil graag vir almal uitnooi om van die SAUK platform gratis gebruik te maak en te help om dit uit te brei. Daar is oor 50,000 volgers op Faceboek, 1,500 op Twitter en 1,000 luisteraars per week gewees.

Die gebruik van die SAUK naam of merk is insiggewend en belangrik omdat dit onder andere mense laat besef dat daar ‘n alternatief na die “establishment” kan wees en ook dat die “establishment” nie onaantasbaar is nie. Daar is ook die protes  daaraan verbonde, ens.

Indien U wil gebruik maak van die geleentheid, kontak ons en ons sal jou by die blad byvoeg en die paar reels van hoe dit werk verduidelik.

Kom ons neem ons toekoms terug!

Don Deon


Sien ook: ‘SABC is nou in ’n krisis’


 

Enjoyed this post? Share it!