Sekuriteit in kruisvuur om rasse integrasie te bevorder?

‘Veiligheidsdorpe keer die integrasie van rasse’ is die nuutste

Die toenemende ontwikkeling van omheinde veiligheidsdorpe in wit woonbuurte is een van die belangrikste redes vir die swak integrasie van rasse en klasse in die land se dorpe en stede.

Diegene wat verantwoordelik is vir dié “onvolhoubare” ontwikkelings het ook ’n “onbehoorlike invloed” op stede se pogings om apartheid-stadsbeplanning en segregasie te pak. Dít is van die belangrikste bevindings van South ­African Cities Network se jongste “State of the Cities”-navorsingsverslag, wat Woensdag in Johannesburg bekend gemaak is.

Die tesourie en verskeie stads­rade is lede van die South African Cities Network. Die verslag is nie net krities oor eiendomsontwikkelaars se “onbehoorlike invloed” op stadsvaders om sulke ontwikkelings goed te keur nie, maar blameer ook die publiek se “ongewenste” en “onrealistiese” behoefte om in veiligheidsdorpe te bly.

Sulke veiligheidsdorpe het ’n statussimbool geword en daarom gee mense nie om dat dit sleg is vir die omgewing nie, onbehoorlik baie ruimte opneem, geweldige druk op munisipaliteite se infrastruktuur en dienslewering plaas en nie sosiale integrasie en samehorigheid aanmoedig nie, lui die verslag.

“Mense gee daarom nie om dat dit teenstrydig is met stede se riglyne om stedelike verdigting te bevorder nie.

“Die hele samelewing sal hul denkgewoontes hieroor moet verander om ’n meer realistiese, inklusiewe en volhoubare omgewing te verseker,” lui die verslag.

Uiteindelik dra dit by tot die voortsetting van apartheidsbeplanning waarvolgens arm mense bo-op mekaar in laekostebehuisingsontwikkelings in die buite­wyke van stede sonder behoorlike dienslewering moet bly terwyl die middelklas en die rykes verder van mekaar in voorstedelike gebiede en in middestede woon waar hulle toegang tot werkgeleenthede, goedkoop vervoer en ander hulpbronne het.

Navorsers het wel bevind dat daar sedert 1994 ’n groot verandering is in die rassesamestelling van woonbuurte waar middel- tot hoë–inkomstegroepe woon.

Bron: Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!