Sekuriteitswagte in Pretoria eis salarisse van meer as R10 000

Meer as 300 honderd sekuriteitswagte het ‘n vreedsame optog op Kerkplein gehou waarna hul eise oorhandig het aan die Tshwane Raad.

Hulle eis ‘n maandelikse salaris van R10 000 en permanente aanstellings.

Dit volg op bewerings dat die stadsraad meer as drieduisend wagte gaan afbetaal en hul vervang met Tshwane Metro Polisie rekrute.

Volgens die raad se kantore kos privaat sekuriteitsfirmas die raad meer as R200 miljoen per jaar.

Die vraag is al gevra waarom stadsrade se eiendom opgepas word. As wet en orde streng gehandhaaf word en protesoptogte, wat gewoonlik gewelddadig eindig met beskadiging van stadsrade se eiendom, verbied word, sal eiendom nie meer so streng bewaak te word nie en kan nog meer geld bespaar word.

Bron:  Die Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!