Senior ANC lede keelvol vir Zuma – Nie net hulle nie, maar res van SA ook!

Berigte oor die feestyd het dit dat senior ANC lede besig is met gesprekke en planne om van Zuma ontslae te raak en dit so gou as in Januarie 2018.

Politieke ontleders wys daarop dat dit van Zuma se maats is wat probeer om te onderhandel dat hy moet gaan sonder om Zuma sleg te laat voel.

Die aartsbiskop van die Anglikaanse Kerk, Thabo Makgoba, het intussen ‘n beroep gedoen op die ANC om Zuma af te sit. Zuma se appèl teen die hooggeregshof se bevindinge het verder daartoe gelei dat partygenote nou eis dat hy moet waai.

Dit bly egter ‘n tamaletjie om van Zuma ontslae te raak en amnestie te bewerkstellig vir die honderde klagtes teen hom.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!