Ses mans wat terregstaan onder meer moord en ontvoering se saak sloer al sewe jaar – Doodskis saak binne enkele maande afgehandel!

Die aansoek van ses mans, wat teregstaan op onder meer die moord en ontvoering van ’n man van St. Albans, dat die saak teen hulle gestaak word, is Woensdag in die Port Elizabethse hooggeregshof geweier. Die saak sloer al sewe jaar.

Die verhoor van Khangelani Matebe, Luyanda Nkolose, Mzuvukile Foli, Fuzile Kosana, Athenkosi Mtshayisa en Fundile Nqwensu het verlede maand van voor af begin nadat regter Bonisile Sandi in Maart vanjaar dood is.

Jodine Coertzen, die beskuldigdes se regsverteenwoordiger, het vroeg in Augustus ’n aansoek by regter Irma Schoeman ingedien wat lui dat hul verhoor so sloer omdat daar ’n onredelike vertraging aan die kant van die staat was.

Regter Dayalin Chetty het Woensdag die hof ingestap, sy sitplek ingeneem en gesê: “Die aansoek is van die hand gewys.”

Chetty het geen redes verskaf nie. Hy het die hof verdaag, opgestaan en geloop.

’n Afskrif van die uitspraak, wat al die redes vir die beslissing sal insluit, word later Woensdagmiddag aan die media bekend gemaak.

Kosana het ’n soentjie na een van die hofgangers geblaas en vir haar gewuif voordat hy met die trappe af na die aanhoudingselle is.

Dieselfde hofganger het ’n paar honderdrandnote in Nqwensu se hand gedruk voordat hy weggeneem is.

Die ses het Floris Johannes Kruger na bewering in die nag van 31 Augustus 2010 op sy kleinhoewe in sy motor ontvoer en hom later geskiet en talle kere met ’n skerp voorwerp gesteek.

Hulle het na bewering sy VW Polo, ’n onbekende bedrag geld, bankkaarte, selfone, vuurwapens en kameras gesteel.

Die beskuldigdes staan ook tereg op aanklagte van huisbraak met die opset om te roof, roof met verswarende omstandighede, sowel as die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

hofsaak 2

hofsaak

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!