Ses vas oor miljoene se onwettige tabak en sigarette

Die polisie het ‘n deurbraak gemaak toe hulle op ‘n enorme vrag onwettige tabak en sigarette beslag gelê en ses mense in hegtenis geneem het.

Die polisie het op 17 Oktober tydens ‘n intelligensie-gedrewe oprasie, Operasie Peregrenus’, in die Oos-Kaap, beslag op die onwettige tabak en sigarette gelê.

Daar is 1 750 bokse sigarette en R2.3 miljoen kontant gevind. Die beraamde straatwaarde vir die goedere word op sowat R18 miljoen beraam.

Die ses verdagtes is tussen 29 en 40 jaar oud. Twee is in Port Elizabeth in hegtenis geneem en die ander vier in Uitenage. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Die ses verdagtes sal tereg staan op aanklag van bedrog, asook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte, oortreding van die Wet op Belasting op Toegevoegde Waarde en die oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns.


Enjoyed this post? Share it!