Sies jou vark! Verpleër in tehuis vir bejaardes rand 84 jarige oumatjie aan omrede ander dit glo ook doen

Voormalige Lily Kirchmann personeellid Tshibangu Kolonji het Dinsdag aan die  streekshof in Oos Londen gesê hy het Hope Shepherd aangerand omdat ander verpleegpersoneel in die luukse ouetehuis dit ook gedoen het.
 
Die 21-jarige staan tereg op aanklagte van oortreding van die Wet op Ouer Persone van 2006 en aanranding met die doel om ernstig beseer. Hy het onskuldig gepleit op die aanklagte.
 
Hy is vasgevang op ‘n versteekte kamera wat in ‘n TV-stel in Shepherd se kamer deur haar dogter, Bernice Robertson, ingestel is.
 
Die beweerde aanranding het op 30 Januarie 2015 plaasgevind.Die polisie het gesê die 19-jarige versorger Tshibangu Kalonji is op 27 Julie 2015 in hegtenis geneem toe versteekte kamera-beeldmateriaal gewys het dat hy 84-jarige pensioenaris Hope Shepherd slaan.
 
Die laaste arrestasie is afsonderlik van die aanvalle wat op 23 Februarie plaasgevind deur ‘n ander voormalige versorger van Lily Kirchmann -Ncediswa Mkenkcele . Mkenkcele is op 23 Maart in hegtenis geneem vir die aanranding van Shepherd.
 
Kaptein Mluleki Mbi, polisiewoordvoerder, het gesê Kalonji het hom aan die polisie oorgegee toe die bestuur van Lily Kirchmann ‘n saak van aanranding teen hom ingedien het.
 
 
Tshibangu Kolonji het Dinsdagoggend 25 April 2017 in die streekhof in Oos-Londen verskyn waar hy die ontstellende bewerings voor die streekhof landdros Sadia Jacobs gemaak het. Die saak is uitgestel tot 5 Mei 2017.
 
Ons plaas ‘n video voorval wat bevestig hoe Mev Shepherd deur Ncediswa Mkenkcele aangerand word.


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Lisa Finch

    Fuckinjg coward bitch! Targeting the vulnerable. Tell her to come and do that to me. I will show what it means to be beaten up. I am so angry, I can spit snakes!