Sisulu mik om Ramaphosa se regterhand te word

Volgens Lindiwe Sisulu moet Cyril Ramaphosa op sy knieë gaan en haar vra om sy adjunkpresident te word sou hy die stryd wen en president van die ANC word.

Dit volg nadat Ramaphosa vroeër aangedui het dat hy Naledi Pandor sal verkies as adjunkpresident.

Dit is nie bekend of Ramaphosa inderdaad reeds op sy knieë was of nie, maar die twee het aangekondig om saam te werk in die leiersverkiesing by die ANC se konferensie wat more by Nasrec in Johannesburg begin.


Enjoyed this post? Share it!