Sjokolade-en-malvalekker-stafies

Sjokolade-en-malvalekker-stafies

Hierdie stafies is die volmaakte, moeitelose lekkergoed. Laat jou kinders ’n hand bysit wanneer jy dit maak.
Lewer 16 – 20
Bereiding: 15 min.
Verkoel: 3 uur
Gaarmaak: 8 min.
500 g donkersjokolade, gekap
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) gouestroop
50 g mini-malvalekkers
100 g neute, gerooster en gekap
100 g geglaseerde kersies
50 g Tennis-koekies, grof gekap
Voer ’n bakpan van 20 x 20 cm uit met bakpoeier.
1. Smelt die sjokolade, botter en gouestroop in ’n bak oor ’n pot pruttende water tot glad en glansend.
2. Verwyder van die hitte en vou die oorblywende bestanddele in.
3. Plaas in die bereide bakpan, laat afkoel tot kamertemperatuur en sit 3 uur in die koelkas of tot die sjokolade geset het. Sny en sit voor.
Deur Huisgenoot Digitaal op April 7, 2015

Enjoyed this post? Share it!