Sjokolade-vulkane

Sjokolade-vulkane
Sjokolade vulkane
Hierdie poedings is lig en sponserig aan die buitekant, maar wanneer jy ’n lepel vol skep, loop sjokolade uit soos lava. Sit dit warm uit die oond voor. Genoeg vir 4 mense Bereiding: 10 min. Afkoel: 1 uur Gaarmaak: 12 min. 165 g botter 165 g donker sjokolade 3 eiers 3 eiergele 160 ml (⅔ k) strooisuiker 2 ml (½ t) groenappel-ekstrak 30 ml (2 e) meel 1. Smeer vier individuele poedingvorms. 2. Plaas die botter en sjokolade in ’n hittebestande bak oor ’n kastrol water wat effens prut en roer tot gesmelt. 3. Klits die eiers, eiergele en suiker saam tot dik. Roer die ekstrak in en vou die sjokolademengsel in. Sif die meel in en vou dit sagkens in. 4. Skep die mengsel in die vorms. Laat koel ’n uur in die koelkas af of tot ferm. 5. Voorverhit die oond tot 200 °C. Verplaas die vorms na ’n bakplaat en bak 12 minute of tot dit gerys het. 6. Keer op individuele borde uit en sit voor. Deur Huisgenoot Digitaal op Junie 2, 2014

Enjoyed this post? Share it!