Sjokoladebruintjies

Hierdie klewerige bruintjies is heerlik ryk, want dit bevat sjokolade van ’n goeie gehalte.

LEWER 12 BRUINTJIES
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.

250 g 70 persent-donkersjokolade
40 g botter
100 g strooisuiker
4 eiergele
5 ml (1 t) vanieljegeursel
90 g meel
’n knippie sout
50 g amandelvlokkies

  1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n bakpan van 20 cm en voer met bakpapier uit.
  2. Smelt die sjokolade in ’n bak oor ’n pot water wat prut. Verwyder van die hitte en roer die botter en strooisuiker in terwyl jy ná elke byvoeging roer. Voeg die eiergele een vir een in en klits ná elke byvoeging. Roer die vanieljegeursel in.
  3. Meng die meel, sout en amandels in. Vou sagkens by die sjokolademengsel in. Giet die mengsel in ’n bakplaat en plaas in die oond. Bak 30 min. of tot die bruintjiemengsel van die pan begin wegtrek.

Huisgenoot  16 Maart 2016


 

Enjoyed this post? Share it!