Sjokoladeskerfie kolwyntjies

SjokoladeskerfieHeerlike klam muffins om by die huis te bak.

LEWER 12 MUFFINS
Bereiding: 10 min.
Bak: 15 min.

625 ml (2½ k) meel
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
’n knippie sout
100 g sjokoladeskerfies
114 g botter, gesmelt
250 ml (1 k) strooisuiker
2 eiers
250 ml (1 k) melk
15 ml (1 e) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 220 ˚C. Smeer ’n 12-holte-muffinpan.

  1. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, sout en 50 g sjokoladeskerfies in ’n groot bak. Sit eenkant.
  2. Klits die gesmelte botter, suiker, eiers, melk en vanieljegeursel saam in ’n middelslag-bak. Voeg die droë bestanddele stadig by. Vou saam tot net gemeng.
  3. Verdeel die beslag tussen die 12 muffinholtes. Strooi die oorblywende sjokoladeskerfies oor en bak 5 min. Stel die oond se temperatuur af na 180 ˚C en bak nog 10 min. Laat sowat 5 min. afkoel en geniet warm.

Bron: Huisgenoot April 3, 2016

Enjoyed this post? Share it!