SKAAPKOP

 

BESTANDDELE:

1 lamskop per persoon

sout en peper

1 ui, opgesny

3 tot 4 naeltjies

bietjie Koljander

1 eetlepel Worcestersous

1 eetlepel asyn

METODE:

Braai uie in ‘n pot wat goed seël.

Sout jou skaapkop met sout en peper.

Plaas die kop in die uie met naeltjies, koljander,worcestersous en asyn.

Plaas deksel op en stoom op lae hitte vir drie ure.

Plaas die kop in ‘n oondbak wat verhit is tot 180°C grade en bak vir 30 minute totdat dit lekker krakerig is

Sit voor met bykosse van jou keuse


 

Enjoyed this post? Share it!