“Skiet my ook” So sê Jurie Steenberg (53)

Sy tweede vrou, Riekie, eergister uit die NG kerk Derdepoort in Pretoria begrawe.
 Hulle het die Dinsdagaand geld in hul kluis gebêre en ’n .38-rewolwer uitgehaal en op hul bedkassie gesit.
Riekie Steenberg

Jurie het Woensdagoggend omstreeks 04:30 opgestaan en die slaapkamerdeur oopgemaak.

Die honde het uitgegaan en nie geblaf nie.

Toe Jurie uitstap, het drie mans hom ingewag en teen die voorkop geslaan. Jurie se kop het begin bloei terwyl hy met die aanvallers gestoei het.

“Skiet! Skiet! Skiet!” het Jurie vir Riekie geskreeu.

Jurie het gesien een van die aanvallers is by Riekie. Hy het na haar toe gehardloop. Skote het geklap en Jurie is in die linkerskouer geskiet. Jurie vermoed Riekie is ook deur een van dié skote getref.

Die koeël wat Jurie getref het, het voor by sy linkerarmholte uitgegaan. Jurie het voor die bed geval en Riekie se voete links van hom gesien.

“Jy dink jy is dapper, jou wit k***. Jy gaan vanaand vrek. Jou wit teef, ek sê vir die laaste keer vir jou: Waar is die kluis? Waar is die sleutels?” het een van die aanvallers gesê.

“Ons gaan vandag hier dood, maar ek is lief vir jou,” het
Jurie vir Riekie gesê.

Jurie het na die Montana-hospitaal gejaag om hulp te ontbied. Weens sy skouerwond kon hy Riekie nie optel nie.

Die egpaar se selfone, skootrekenaar, tablet, kaartmasjien en vuurwapen is geroof.

Jurie se eerste vrou, Suna (43), ’n tekenaar, is op 16 April 2010 omstreeks 10:00 op dieselfde hoewe in die kop, hand en been geskiet. Die vier aanvallers was gekleed in polisie-uniforms met koeëlvaste baadjies en was gewapen met 9 mm-pistole.

Suna is erg aangerand en haar voortande is gebreek.

Suna Steenberg

Sy was byna ses maande in ’n koma voordat sy in September 2010 dood is. In die ses jaar sedertdien is niemand nog gearresteer nie.

Jurie, Suna en Riekie is al drie in Pretoria gebore en getoë.

“Hierdie ding het my geknak. Ek is op … Jy kom nie reg nie. Daar is heeltyd iets fout. Daar is heeltyd daai bangheid.

“Wanneer jy nou hier ry, meneer, dan lê ek in daai bed en huil soos ’n kind, want wat doen jy anders?”

Die huis wat hy en Suna ontwerp het, is sy passie.

“Jy werk vir iets soos hierdie. Ander mense hou van mooi motors. Ek hou van ’n mooi huis.

“Ek sou nooit uit Pretoria getrek en hierdie plek wou verkoop het nie, want dis waarvoor ek gewerk het. Maar as ek vandag hier kan uitstap en die plek net so los, dan doen ek dit.”

Die huis was sedert die eerste aanval op die mark. Hy het die prys al van R4,8 miljoen tot
R3 miljoen verlaag. Hy gaan dit nou op ’n veiling verkoop, want hy wil wegkom uit Pretoria.

Jurie en Riekie het al ’n erf in St. Francisbaai vir hul aftreehuis gekoop en hul bouplanne is verlede week goedgekeur.

“As ek hierdie plek net vir ­
R3 miljoen kon verkoop, was ek al weg.

“Ons land is in chaos. Ons het nie opgeleide polisiemanne wat die sake oplos nie. Die misdaad – dis hoekom ek uit ’n plek soos Pretoria wil kom. Ek kan nie eens ’n fliek kyk waarin hulle skiet nie, dan kom daai goed
terug. Jy herleef dit.”

Jurie se suster bel hom kort-kort, want sy is bekommerd dat hy homself om die lewe sal bring. “ ’n Ou sal dit nie doen nie, want ek wil graag in die hemel kom.”

Bron:Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!