Skole stelsel “stort in duie”

School computer

Die Sentraal Transvaalse Onderwys Departement het met ‘n stelsel na vore gekom om leerling registrasies deur die web te doen.

Groot aankondigings dat ouers hul kinders reeds nou vir 2017 moet inskryf het die loodsing van die projek vooraf gegaan.

Ouers is gewaarsku dat kinders dalk nie toelating sou kry nie en dus vroegtydig moet aansoek doen.

Die stelsel het egter “onvoorsiene tegniese” probleme ondervind nadat dit Maandag 11 April 2016 geloods is.

Die program is tydelik gesluit met die hoop dat daar teen eerskomende Woensdag weer voort gegaan kan word met die stelsel.

Soos alles wat die owerheid aanpak wat gereeld “onvoorsiene” probleme kry, is die verwagting dat die stelsel uiteindelik ’n stille dood gaan sterf.

Iemand het na die mislukte poging verwys en gesê dalk was die rekenaars produkte wat deur die Gupta’s voorsien is maar nou “tegnies” onklaar geraak het.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!