Slaper sit vir moord op bejaarde

Mes huisgemoot

Die moordenaar, Henzil Matthys, is 21 jaar tronkstraf opgelê in die hooggeregshof in Kaapstad vir die mesmoord op ‘n bejaarde vrou van Robertson.

Matthys het Anna Oosthuizen (80 jaar) 30 keer met mes gesteek voordat hy onder haar motor ingekruip en daar aan die slaap geraak het. Die polisie het hom onder die motor gekry toe hulle die misdaadtoneel gefynkam het.

Hy het twee jaar lank vir Oosthuizen se buurman gewerk en het getuig hy het besluit hy wil haar voertuig hê toe hy ‘n muur tussen die twee bure se erwe gebou het.

Sy het hom opgemerk toe hy by ‘n venster aan die agterkant van haar huis wou inklim nadat hy die ruit stukkend gegooi het. Die oorledene het die alarm geaktiveer, maar haar moordenaar het dit weer afgesit.

In die daaropvolgende stoeiery tussen hulle het hy haar herhaaldelik messteke toegedien en uiteindelik het die mes in twee gebreek.

Hy wou die mes in die motorhuis wegsteek en het onder die motor ingekruip, waar hy aan die slaap geraak het. Matthys het getuig hy was besope toe hy die moord gepleeg het. – Bron  – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!