Slegs ONS kan onsself Verdedig. Slegs ONS kan vir onsself Rebelleer.


Slegs ONS kan onsself verdedig…

Plaasveiligheid: eerste van aantal programme op SAUK Radio

Ons Boere op die plase en hulle gesinne is eerste prioriteit in die land, wat doen ons daaraan.

Ons moet onsself beveilig, dit is altyd te laat om te sê as ek dit maar gedoen het, om my gesin of eiendom te beskerm, daar is net een kans, nie twee nie, gewoonlik kom spyt te laat.

Ons kan dit nie alleen doen nie, daarom het ons ʼn samewerkings ooreenkoms tussen ons bure en boere nodig, saam met die gevorderde Elektroniese Tegnologie wat beskikbaar is.

Die Staat is verseker nie in staat om dit te doen nie, veral as daar gekyk word na al die voorvoorvalle wat plaas gevind het en nog voortgaan.

 

Ons Boere moet saam staan en hul eie veiligheid verseker ( die SA Polisie en sekuriteite’s   dienste is te ver en te stadig en ken nie die omgewing soos die boere, om spoedige en effektiewe optrede te verseker, en om bekamping te verseker nie.

 

Die omgewing sal onmiddellik weet van die samewerkings ooreenkoms tussen die boere veral as die eerstes gevang word met ʼn sigbare oormag boere en die regte koerant opskrifte.

Groot 400 x 500mm Borde met boere ooreenkoms moet versprei word en oral op plase aangebring word dat hierdie gebied deur die boere self in massa groepe beveilig word met Militêre akkuraatheid

Met die hulp van die nuutste tegnologie kan die boosdoeners gevang word. (kordon hulle af sodat hulle nie kan vlug nie en vang hulle).

Inligting deur Jan Van der Merwe

 

VRYSTAAT LANDBOU GEE WENKE NÁ AANVALLE

Veiligheidsplanne moet hersien word om “sagte teikens” soos bejaardes en mense wat alleen op hul plase woon, behoorlik te beveilig, sê Vrystaat Landbou (VL).

Dit kom nadat daar al vier aanvalle, waarin drie mense dood is, net in Januarie op Vrystaatse plase plaasgevind het.

Volgens dié organisasie kan geweld op plase met goeie menseverhoudinge en deur samewerking met die polisie beveg word.

Dan Kriek, president van VL, het ’n versoek gerig aan alle beheerkamers en boereverenigings om hul veiligheidsplanne te hersien, veral as dit by die sogenaamde “sagte teikens” kom.

“Evalueer hoe ouer mense en diegene wat alleen bly en nie noodwendig by ’n stelsel kan of wil inskakel nie, betrek kan word.

“Skakel met die familie of die mense self oor beskikbare tegnologie en dienste.

“Die koste van lewensverlies kan nie opgemeet word teen die relatiewe lae koste van beskikbare tegnologie nie.”

Luidens die VL se verklaring speel goeie menseverhoudinge op verskeie vlakke ’n groot rol aangaande landelike veiligheid.

’n Bewys hiervan is volgens VL die spanwerk van boere en die polisie in die Bothaville-distrik wat tot die inhegtenisneming van ses vermeende plaasaanvallers gelei het.

Die vermeende booswigte is Sondag 18 Januarie vasgetrek slegs ure nadat Gert Malan (65) en sy vrou, Lulu (60), deur gewapende mans oorval is.

Volgens Tommie Esterhuyse, voorsitter van VL se wet-en-orde-komitee, is dié voorval ’n voorbeeld van hoe ’n veiligheidstruktuur in ’n gemeenskap en goeie samewerking met die polisie suksesvol kan wees.

“Ons moet egter nie net reaktief wees nie. Ons moet proaktief optree.”

Esterhuyse moedig landbouers aan om nie laks te wees as dit by hul eie veiligheid kom nie.

Kriek het gesê hy is trots op die “reaksie van Bothaville se veiligheidstrukture”, maar ernstige vrae moet gevra word oor hoe dit in die eerste plek gebeur het.

“Die organisasie wil fokus op die voorkoming van voorvalle en nie reaksie nie.”

Esterhuyse het gesê: “My en jou veiligheid is eerstens ons eie verantwoordelikheid.

“Wees paraat en tref die nodige voorsorg vir jou veiligheid.”

Dit sluit in:

  • Laat jou plaasopstal omhein waar nodig;
  • Pas toegangsbeheer toe deur op te let na verdagte voertuie, persone of omstandighede en deur goeie verhoudinge met jou werkers te handhaaf en ingelig te wees oor wie by hulle kuier;
  • Sluit aan by jou plaaslike veiligheidsnetwerk en hou die netwerk en die polisie ingelig oor verdagte persone, voertuie of omstandighede op die plaas;
  • Handhaaf goeie verhoudinge met die plaaslike polisiekantoor;
  • Woon veiligheidsvergaderings by;
  • Maak seker dat voorkomende patrollies  sigbaar is en dat dit aan die reëls van die polisie voldoen;
  • Wees betrokke by die gemeenskap en jou bure en weet wat gebeur in die omgewing;
  • Oorweeg alarmstelsels wat jou en ander in die omgewing kan waarsku as daar gevaar is;
  • Gebruik beskikbare tegnologie soos kamerastelsels of paniekknoppies wat aan beheerkamers gekoppel is;
  • Kontant moet sover as moontlik nie in huise gehou word nie;
  • Moet nie aan enigiemand wys dat vuurwapens en/of kontant in die huis gehou word nie.

Veiligheidskoördineerders word ook aanmoedig om kommunikasiekanale met die polisie oop te hou en verhoudinge op te bou.

“ VRYSTAAT LANDBOU  SAL  ALTYD REBELLEER TEEN ’N GEBREK AAN RESPEK VIR MENSE, ASOOK MENSE SE LEWE. ”

Verder word hulle versoek om met die polisie op tonele saam te werk en nie tonele te vertrap en sodoende bewyse vernietig nie.

Verder word gevra dat lede van veiligheidsnetwerke wat na tonele ontbied word, die toneel nugter sal betree, prakties sal optree en nie emosioneel sal raak nie.

Esterhuyse het gesê gereelde vergaderings vind met die polisie plaas om die situasie te bespreek, asook om op die hoogte te kom van die nuutste metodes en misdadigers se modus operandi.

Henk Vermeulen, hoofbestuurder van VL, het gesê: “Ons verwerp die voorvalle, sinnelose geweld en verlies aan lewe ten sterkste.

“Vrystaat Landbou  sal  altyd rebelleer teen ’n gebrek aan respek vir mense, asook mense se lewe.

“Ons kan nie in ’n demokrasie aanvaar dat diegene wat in landelike gebiede woon maklike teikens vir misdadigers is nie, en sal voortgaan met pogings om veiligheid in landelike gebiede op te skerp en te verbeter.”

  • Behalwe vir die aanval op die Malan-egpaar, was daar nog verskeie ander plaasaanvalle in Januarie in die Vrystaat. Die voorvalle is:
  • Die Swanepoel-egpaar, Toon (72) en Rienie (70), is in Bainsvlei vermoor. Hul lyke is op 12 Januarie gevind, ’n dag nadat hulle vermis geraak het.
  • Martie Bester (66) van Theunissen se verbrande lyk is ook op 12 Januarie in die plaashuis waarin sy gewoon het, gevind.
  • Corinda Marais is 19 Januarie op ’n plaas buite Viljoenskroon waar sy werk, saam met twee ander mense aangehou. Al drie is ongedeerd.

 

Sagte teikens wreed brutaal en genadeloos gemartel en vermoor

De La Rey

Enjoyed this post? Share it!