So gaan die soustuig voort – Fikile Mbalula het Suid Afrikaners ‘n “merry” Kersfees toegewens vanuit Dubai

Die minister van polisie, Fikile Mbalula, het Suid Afrikaners ‘n “merry” Kersfees toegewens – vanuit Dubai.

Die sosiale media het dadelik gegons oor die plek waar hy met vakansie is en die moontlikheid dat sy vlug geborg is deur ‘n berugte Indiese familie.

EWN het reeds in Oktober berigte geplaas van die Sedgars groep wat SA Atlete se kleredrag voorsien en die moontlike betaling van Fikile se reis in Desember 2016 toe hy nog die minister van sport was.

Hy het klaarblyklik op navraag gesê daar is Fikele om op kommentaar te lewer.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!