Sokker ondersteuners vertrap mekaar weer by sokker met fopkaartjies

Suid-Afrika is nie net die bestemming van reënboog-fopnuus nie, maar ook fopkaartjies vir  sokkerwedstryde in Johannesburg. Saterdag het nog ‘n dodelike stormloop by die FNB-stadion tot gevolg gehad.

Twee mense is doodgestrap en ‘n ander persoon is kritiek toe aanhangers ‘n hek tydens die Carling Black Label Cup wedstryd tussen die land se twee gunsteling swart spanne, Orlando Pirates en Kaizer Chiefs, platgetrap het.

Stadium Management South Africa het aangekondig dat ‘n voorlopige ondersoek aan die lig gebring het dat die voorval veroorsaak is deur fopkaartjies wat aan aanhangers verkoop is, wat toe probeer het om toegang tot die stadion te verkry.

Die polisie het reeds sowat 3000 sulke fopkaartjies gekonfiskeer wat aanhangers in hul besit gehad het. Die kaartjies is amptelik gedruk deur die Suid-Afrikaanse aanlynkaartdiens, Computicket.

“Die voorraad is genommer, dit moes gesluit gewees het, dit moet uitgeteken word teen behoorlike registers. Ons lei af in hierdie stadium dat die kaartjievoorraad gesteel is,” het die hoofbestuurder van Stadium Management South Africa, Jacques Grobbelaar aan die Suid-Afrikaanse stasie, Eyewitness News, gesê.

Grobbelaar sê die validering van die kaartjies wys verder na meer interne korrupsie, en ondersoeke deur die polisie sal van stapel gestuur word.

Die Johannesburgse openbare veiligheid bestuurskomiteelid, Michael Sun het aan Eyewitness News bevestig dat die vertrapping veroorsaak is deur die verkoop of gebruik van fopkaartjies by die lokaal.

Die stormloop het plaasgevind waar meer as 87 000 swart aanhangers by die stadion aangekom het. Ten spyte van die voorval het die wedstryd voortgegaan. Nie die toeskouers of spelers het ‘n saak gehad met die slagoffers nie.

Die polisie het eers laat die aand die lyke verwyder van die stadion.

Die vertrapping is soortgelyk aan die Ellis Park-ramp, waar 43 aanhangers in April 2001 in ‘n wedstryd tussen Pirates and Chiefs doodgetrap is.

Die Ellis Park-stadion-ramp was die grootste sportongeluk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis op 11 April 2001, toe 43 stoeskouers dood is toe aanhangers in die stadion in Johannesburg gestormloop het om die sokkerwedstryd tussen die twee swart spanne Kaizer Chiefs en Orlando Pirates te sien.

Die finale ondersoek na die voorval het bevind dat ‘n belangrike oorsaak was dat sekuriteitspersoneel omgekoop is, om toeskouers toe te laat om sonder kaartjies die stadion te betree.

Deur: Praag


Enjoyed this post? Share it!