SPEKGEDRAAIDE VLEISBROOD (MEATLOAF)

Resep genoeg vir 6 Porsies

Bestandele

30 g botter
100 g uie, gekap
700 g maalvleis
120 ml room
100 g gerasperde Cheddar
1 eier
15 ml droë origanum
5 ml sout
2,5 ml peper
220 g streepspek
300 ml room vir die sous

Aanwysings

Voorverhit die oond tot 200°C. Smelt die botter in ‘n braaipan en braai die uie daarin tot sag, maar nie bruin nie. Plaas die maalvleis in ‘n mengbak.
Voeg die uie, room, kaas, eier en geurmiddels by en meng dit goed saam – moenie te veel meng nie, want dan gaan die vleisbrood te dig wees.
Vorm die mengsel in ‘n brood vorm. Draai die spek om die brood en plaas in ‘n vlak oondvaste bak.
Bak vir ongeveer 45 minute – indien die spek te bros bak, bedek die bak met tinfoelie.
Verwyder die vleisbrood uit die bak, en gooi die sous wat afgekook het in ‘n klein kastrolletjie.
Voeg die room hierby en prut vir 10 minute tot verdik. Bedien die sous met die vleisbrood.

Bron*Lulu*
RESEPTE EN WENKE


 

Enjoyed this post? Share it!