Staat kan nie gratis tersiêre onderwys bekostig nie al het Zuma belowe

Die Heher kommissie verslag van meer as 700 bladsye oor hoër onderwys het aangetoon dat gratis tersiêre onderwys nie haalbaar is in die nabye toekoms nie.

Die verslag het uitgelek nadat dit reeds maandelank op Jacob Zuma se tafel lê, en hy is ook nie aan sy afgedankte minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, gegee het nie.

Onderwyskundiges reken dit is belaglik dat dit ‘n kommissie kos om tot hierdie gevolgtrekking te kom. Die land is bykans bankrot weens korrupsie en bedrog terwyl die land se ekonomie rommelstatus het.

Duisende van die huidige studente hoort nie in tersiêre inrigtings nie as gevolg van hul onvermoë om te wil studeer en te kan  presteer.

Zuma het vroeë belowe dat “almal verniet” sal kan studeer.

Daar word verwag dat studente onluste weer kan  uitbreek nadat die verslag se bevinding bekend geword het.

Deur: Die Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!