Staatsbeheerde instansies is laat betalers

Minister Lynne Brown van openbare ondernemings het op navraag bevestig dat Denel, die staatsbeheerde wapen vervaardiger, se skuld in begin November R687 miljoen beloop het.

Daarvan was R266 miljoen se uitstaande skuld ouer as 30 dae, R86 miljoen ouer as 60 dae, R185 miljoen ouer as 90 dae en R151 miljoen ouers as 120 dae.

Meer as 1 500 verskaffers was nie binne 30 of meer dae betaal nie.

Denel het vroeër bevestig dat hul ernstige kontantvloei probleme ervaar en Tesourie moes weer inspring om te verseker dat salarisse Desember betaal kon word. Dit het ook weer buitensporige bonusse ingesluit aan die wat op die sagte stoele sit.

Eskom het R102 miljoen geskuld in November, Transnet R728 miljoen en SA Express R382 miljoen. Dit is dus net duskant R1 500 miljoen wat verskuldig is deur vier staatsbeheerde instansies.

Ekonome sê indien dit privaat maatskappye was, sou hul bankrot verklaar gewees het en beslag sou gelê gewees het op hul bates. Intussen word die land gemelk van die belastingbetaler van hard verdiende geld.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!