Staatspensioenfonds R12,5 miljard armer na Steinhoff aandele daal

Die regeringspensioenfonds (PSA) het ongeveer R12,5 miljard verloor met die Steinhoff aandele se daling.

Steinhoff se markwaarde op die Johannesburgse Effektebeurs (JEB) het met bykans R200 miljard geval.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se direksie sal vinnig moet optree en hul aandeelhouerregte uitoefen om vas te stel presies wat by Steinhoff gebeur het om sodoende skadebeheer toe te pas en verdere verliese te voorkom, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Voorlopige mediaberigte dui daarop dat die OBK ʼn aansienlike aandeel – moontlik die naasgrootste – in Steinhoff het en dat sy verliese meer as R12 miljard kan beloop.

Adv. Alberts sê dit is ʼn gevoelige slag vir pensioenarisse en daar sal vinnig besin moet word oor optrede soos die moontlike verkoop van aandele om skade te beperk.

Intussen word daar bespiegel dat die probleme by Steinhoff ‘n groot aantal poste in die gedrang kan bring.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!