Standbeelde weer in visier

StandbeeldStandbeelde van apartheidsvoorstanders sal nie in openbare plekke deur die land “aanvaar” word nie, het die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa die parlement meegedeel.
Hy het in sy begrotingsdebat verwys na die erfenisgoedere, waaronder standbeelde tel.
Mthethwa is van mening standbeelde in openbare plekke moet deur die meerderheid mense van die land aanvaar word en ook terselfdertyd sensitief wees teenoor sommige van die meerderheid.
Sy departement sal seker maak dat kuns in openbare plekke die verdeeldheid van die verlede heel, het hy gesê.
Die oprigting van ‘n standbeeld vir die eerste PAC-president, Robert Sobukwe, word gereken as “regte ding om te doen,” aldus Mthethwa.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!