Stasiebevelvoerder van Mitchells Plain geskors oor wapens

‘n Stasiebevelvoerder en senior offisier van die Mitchells Plain polisiestasie is geskors nadat 15 vuurwapens by die polisiekantoor gesteel is.

Brig. Cass Goolam is geskors, saam met nog 13 lede van sy polisiekantoor in verband met die wapens se verdwyning.

Die besonderhede van die skorsing word geheim gehou, aangesien die polisie dit as ‘n interne aangeleentheid beskou.

Intussen is die wapens in die hande van mense wat geen vreedsame bedoelings het nie, en talle mense is reeds die afgelope tyd in bendegeweld in die kaap doodgeskiet.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!