Statistieke wys dat Plaasaanvalle tans die hoogte in geskiet het sedered 1990

Landwyd het daar reeds in Mei 11 plaasaanvalle plaasgevind, en sedert Januarie vanjaar was daar al 160 plaasaanvalle waarin 32 mense vermoor is.

Volgens mnr. Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA en voorsitter van die Veiligheidskomitee, is dit hoër as enige jaar sedert die TLU SA in 1990 dié statistieke begin byhou het.

Op een dag was daar die plaasaanvalle is drie provinsies, wat daarop dui dat die hele land geteiken word.

Plaasaanvalle het voorgekom in Roossenekal, die Assen-distrik in Noordwes en tussen Secunda en Bethal.

‘n Private maatskappy, die Heritage Protection Group (HPG), het spoorsnyers en private helikopters ingespan om met soektogte na die terroriste te help.

Mnr. Geldenhuys het weer ‘n beroep op boere gedoen om by veiligheidstrukture betrokke raak. “Jy as boer is verantwoordelik vir jou eie veiligheid en ook dié van jou buurman. Boere moet hul veiligheid opskerp.”

Intussen sukkel TLU SA al sedert Oktober verlede jaar om ’n vergadering met lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, en die minister van polisie gereël te kry, want TLU SA het bepaalde oplossings en wil help met die probleem.


Enjoyed this post? Share it!