Stormloop in Pietersburg na oproep van die EFF dat studente moet opdaag en eis om te registreer

‘n Stormloop van studente by die Capricorn Kollege in Pietersburg het daartoe gelei dat ses persone beseer is en in die plaaslike hospitaal opgeneem is. Die polisie is ontplooi om die situasie te beheer. Twee persone is ook ernstig beseer toe ‘n voertuig hulle raakgery het. Die voertuig het egter van die toneel weggejaag.

Dit volg na die oproep van die EFF dat studente moet opdaag en eis om te registreer. Dit wil egter voorkom of die opstoker wat hiertoe verantwoordelik is, Julius Malema, nie vervolg gaan word vir opswepery nie.

Intussen het die kollege aangekondig dat registrasie van studente eers volgende week sal voortgaan en dat die proses na die plaaslike stadion verskuif gaan word omdat daar meer plek is.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!