Studente aan die Universiteit van Noordwes blaas rassehaat aan

Phomolo Moaba, het na die Swart Maandag optogte, op Facebook gesê: “Wearing black won’t change a thing!! Youre(sic) all gonna(sic) be murdered like your master Terreblanche”.

‘n Ander student, Nokuthula Ligege, primaria van Huis Wag-‘n-Bietjie op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV), het op haar Facebook profiel gesê: “Like…All this killing wouldn’t be necessary if you had just GAVE BACK THE LAND!!!!” (sic).

Ten spyte van Moaba se verskoning, eis VF Plus steeds dat daar teen haar opgetree word en het die saak aanhangig gemaak by die Menseregtekommissie (MRK).

Michal Groenewald leier van die VF Plus in Noordwes, sê Moaba se uitlating is blatante haatspraak. “Al het Moaba haar kommentaar van die blad verwyder en om verskoning gevra, is die skade reeds gedoen. Suid-Afrika is op ʼn mespunt wat rassepolarisasie aanbetref en ons kan net eenvoudig nie meer sulke uitsprake aanvaar nie.”

Die VF Plus het ʼn amptelike skrywe met betrekking tot Ligege se uitlating aan die rektor en vise-kanselier van die UV, prof. Francis Petersen gerig, waarin daadwerklike dissiplinêre optrede teen die student geëis word.

Die UV het aangedui dat ʼn sogenaamde proses van regstellende geregtigheid aan die gang gesit is en dat daar dadelik deur middel van gesprekvoering teen die student opgetree is.

Die koshuisinwoners is na afloop van die week se gebeure na ʼn dialoogsessie genooi waar Ligege se kommentaar en inwoners se ongelukkigheid daaroor bespreek is. Ligege het dit egter nie bygewoon nie, omdat sy glo huis toe is.


Enjoyed this post? Share it!