Suid Afrika vir ‘n pot lensie sop?

Elke vyf jaar word die inwoners in Suid Afrika opgeroep om te kom stem. ‘n Mengelmoes van verskillende rasse, gelowe, volke en immigrante wat die “Reënboognasie” gedoop is. Genadiglik kom die woord Afrikaner nie daarin voor nie!

Die betekenis daarvan is dat die ware nasionalistiese Afrikaner nie deel het aan dié wanstaltige “nasie” nie.

Die reënboognasie is ‘n nasie waarbinne volke se reg misken word deur die opsteek van meerdere hande! Meer nog, waar diè Volk wie se land dit regtig is, doelmatig uitgewis word saam met alles wat hulle tot stand gebring het onder die dekmantel van ‘n “moderne demokrasie”, gelees Volksmoord!

‘n Land waar die Imperiale Brits-Amerikaanse magte ‘n nasie aan bewind help bring het wat die onbeskryflikste onreg mag pleeg in die naam van “demokrasie en regstellende aksie”, terwyl die wêreld skaamteloos toekyk! ‘n Land waar ‘n blanke stem sedert die-een-mens-een-stem in 1994, wat deur meedoënlose verraad op ons afgetrek is, niks van wat ons vandag as onregmatig beleef kon afweer, of ooit in die toekoms sal kan afweer nie, veral nie deur deelname aan die bestel nie!

Waarvoor word daar dus gestem? Om te wen soos die DA sê? Vir ‘n nuttelose, tandelose setel onderhewig aan ‘n Godlose, Afrikanervyandige Grondwet ? Of vir meriete op sportgebied volgens die VF+? Soos 23 – 3 teen die Iere?

Of is koalisies nou die oogmerk omdat die praktyk bewys het dat betrokkenheid binne die politieke “Staatsbordeel” gèèn vrugte afgewerp het nie? Koalisies met die ongelowiges vir wie se stem daar hoër gebie sal moet word as die ANC WAT ALREEDS ALLES VAN DIE BLANKE VIR HULLE BELOOF HET!.

Wat van ons vryheid en ons land?
Hoe hoër onderwysers en amptenare se salarisse raak, hoe laer dwing die stelsel ons kinders en amptenare se morele waardes, kennis en patriotisme af! Hoe meer kennis ons kry van die swart regime se onvermoë deur die uitbanning van blanke kundigheid, hoe minder nugtere politieke oordeel is daar!

Hoe meer politieke deelname deur blankes aan die een-mens-een-stemstelsel, hoe minder verset en vordering in ons vryheidstrewe! Jy kan tog nie tegelyk vry en baklei nie!
Die Afrikaner Volksparty doen ‘n beroep op Afrikaners! Gee ag op jou naaste en nie jou verste nie! Gee ag op dit wat ooglopend verkeerd is en kom in verset daarteen deur nie daaraan deel te neem nie. As jy nie jou eie ore en oë vertrou nie en jou nugtere oordeel daardeur benadeel word, gee dan ag op wysheid vanuit die geskiedenis OMDAT DIT GETOETS EN GELOUTER IS OOR BAIE JARE TOT BEHOUD VAN ONS VOLK.

Dit was ‘n dr. Adrian Rogers ( Dr. Adrian Rogers , 1931 tot 2005), wat by geleentheid gesê het: “Jy kan nie die arme met wetgewing vrymaak deur die ryke daarmee te verarm nie. Wat een persoon ontvang sonder om daarvoor te werk, moes ‘n ander persoon voor werk sonder om te ontvang.

Die regime kan niks vir iemand gee wat hy nie eers van iemand anders geneem het nie. Daarom kan hulle onder polisie begeleiding oor die Boere se hekke en drade klim en hulle oeste met vragmotors wegry! Plakkershutte op die blanke se eiendom oprig en met die dood dreig as hulle nie gee pad sonder om enigiets van hulle eiendom saam te neem nie!

Wanneer die meerderheid van die bevolking die idee het dat hulle nie hoef te werk nie omdat die ander helfte se besit hulle s’n gaan word sonder enige weerstand, dit my goeie vriend, is omtrent die einde van enige nasie! Suid Afrika vir ‘n pot lensiesop?

Gaan u vlug, of gaan u veg?


Enjoyed this post? Share it!