Suid Afrikaanse Weermag – bron van misdaad

In welke mate die SA Nasionale Weermag (SANW) verval het a.g.v. swak dissipline, gebrekkige toesighouding en korrupsie het dit inderwaarheid ‘n bron van bevordering van misdadige elemente geword.

Die gevolgtrekking blyk uit die volgende uittreksel uit ‘n toespraak in die Parlement van dr. Pieter Groenewald van die VF Plus:

“Die Minister van Verdediging het vroeër aangedui dat wapendiefstal in die Weermag oor die finansiële jare 2013 tot 2015, sowat 33 000 rondes ammunisie en 18 vuurwapens, wat gevaarlike wapens soos aanvalsgewere insluit, behels het. Verlede jaar in hierdie debat het ek verwys na die voorval in Bloemfontein waar aanvallers met messe wagte van die weermag oorval het terwyl hulle met vuurwapens en lewende ammunisie moes wagstaan, maar aan diens geslaap het. Onlangs by die vlootbasis Simonstad het misdadigers ingebreek, 72 handgranate gesteel tesame met ʼn aanvalsgeweer of twee en daarmee weggekom. By die ammunisiedepot by Jan Kempdorp het misdadigers vir twee weke langs die grensdraad gekamp, ʼn gat onderdeur die grensdrade gegrawe en kabel in die depot gesteel. Onlangs in Kayelitsha het misdadigers vir alle praktiese doeleindes ʼn militêre basis aangeval en wapens gesteel. Die swak dissipline en die swak bestuur in die Weermag is tans van so ʼn aard dat dit bydra tot die misdaad in die land.”

Bron: Ditsem Nuus


Enjoyed this post? Share it!