Suurlemoen Madeleines

 

Hierdie resep is die volmaakte kombinasie van soet en suur.

Lewer 15
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15 min.

40 g botter
150 ml meel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
125 ml (½ k) strooisuiker
1 eier
15 ml (1 e) melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
skil van ½ suurlemoen
Suurlemoensous
1 suurlemoen se sap en skil
60 ml (¼ k) versiersuiker

Voorverhit die oond tot 160 ˚C. Smeer madeleinevorms goed met botter.

  1. Smelt die botter in ’n klein kastrol en kook tot verbruin. Sif die meel, bakpoeier en suiker in ’n bak.
  2. Klits die eiers saam met die melk in ’n ander bak. Giet dit by die meelmengsel in en klits tot gemeng. Voeg dan die vanielje by en klits weer. Giet die verbruinde botter geleidelik in en klits goed. Klits die skil in. Laat die mengsel 1 uur in die koelkas rus.
  3. Skep die mengsel in die vorms en bak 15 min. of tot goudbruin.
  4. Tik die madeleines uit die vorms op ’n rak uit om ’n rukkie te laat afkoel.
  5. Suurlemoensous: Verhit die bestanddele in ’n pot oor matige hitte en laat prut 3 min. of tot effens verminder. Skep die sous oor die madeleines en laat set.
Huisgenoot Digitale Span op Junie 9, 2016

 

Enjoyed this post? Share it!