Swakste stadsraad in Noordwes – ongetwyfeld Christiana / Bloemhof

Die Lekwa-Teemane-stadsraad (Christiana / Bloemhof) is die swakte stadsraad in Noordwes.

Dit het geblyk tydens ʼn besoek van die portefeuljekomitee vir plaaslike regering aan stadsrade in Noordwes.

Mnr. Hannes Schutte, VF Plus-LPW vir Noordwes, sê dat al die senior poste slegs op ʼn tydelike grondslag beman word met 33.3% van alle poste vakant.

Die poste van munisipale bestuurder, hoof van finansies en hoof van die tenderkomitee word beman deur amptenare van die departement van plaaslike regering. Volgens die ouditeur-generaal (OG) is die impak van hierdie amptenare beperk.

Die OG kon nie Lekwa-Teemane se finansiële state vir die laaste ses jaar oudit nie en die state is afgekeur. Daar is probeer om ʼn OG-aksieplan vir die stadsraad op te stel, maar slegs 42% van die bevindinge van die OG word in die plan behandel.

Jaarverslae word gereeld laat ingedien ten spyte daarvan dat van konsultante gebruik gemaak word om state en verslae op te stel. Daar is R13,8 miljoen in 2015/16 aan konsultante betaal. Dit is die grootste bedrag van al Noordwes se stadsrade.

Die munisipale openbare rekeninge-komitee is nie in staat of bevoeg om enigsins sy taak te verrig nie.

Mnr. Schutte sê dit is duidelik hierdie ANC-beheerde stadsraad is onbevoeg en behoort sonder meer vervang te word.

Bron: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!