Swart Besigheidsraad skors president hangende ‘n ondersoek na ‘n “vermiste” R5 miljoen betaling

Die Swart Besigheidsraad (SBR) oftewel Black Bussiness Council, het hul president, Danisa Baloyi, geskors hangende ‘n ondersoek na ‘n “vermiste” R5 miljoen betaling.

Volgens bronne het Baloyi die betaling van die bedrag vanaf Airports Company gefasiliteer, en die geld was geoormerk om BBC se transformasie bekendstellingsprogram te befonds.

Daar word beweer dat prima facie bewyse bestaan teen Baloyi, maar dat sy as onskuldig beskou word hangende die ondersoek.

Klagtes van bedrog en diefstal is teen Dominic Nysele, die fondsinsamelaar van BBC, en Merit Energy, wat die geld ontvang het, gelê by die Bramley polisiestasie.

Foto: Danisa Baloyi

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!