Swart gemeenskap van Diepsloot vertrou nie polisie – neem reg in eie hande

Selfs bepaalde swart gemeenskappe het skynbaar hulle vertroue in die polisie se vermoë om misdaad uit te roei, verloor.

Inwoners van Diepsloot naby Johannesburg, het sommer self met ‘n aantal misdadigers afgereken.

Ses mans wat deur die gemeenskap beskuldig is dat hulle deel is van ‘n groep misdadigers wat die gebied terroriseer, en in besit van gesteelde goedere betrap is, is deur die gemeenskap summier verhoor en gevonnis.

Die woedende gemeenskap het die mans eers doodgeslaan en hulle daarna aan die brand gesteek.

Dit is nie die eerste keer dat Diepsloot se inwoners die reg in eie hande neem nie. Sodanige voorvalle kom meermale voor.

Foto: ‘n Vroeëre voorval waar die Diepsloot gemeenskap self met vermeende misdadigers gehandel het.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Judy Bosch de Vries

    Ek bewonder DIEPKLOOF se mense HULLE IS NET SO GATVOL soos ons vir al die misdaaad Wonder net WANNEER gaan die BANANA PARLEMENT ontwaak