“Swart maandag” is skielik nou die ontwaking van “white right”

Soos verwag het die linkse media weer onmiddelik na die pen gegryp om die protes teen plaasmoorde te etiketteer.

“Swart maandag” is skielik nou die ontwaking van “white right”.

Volgens Ranjeni Munusamy van die Sunday Times was die protes net ‘n dekmantel vir diegene wat die “ou vlag” bewaar en hul kinders Die Stem laat sing.

Wit nasionalisme word volgens haar aangewakker deur swart mislukking. Haar erkenning van swart mislukking is volgens waarnemers betekenisvol.

Wanvoorstelling van slegs 50 plaasmoorde teenoor 19 016 moorde in ‘n jaar maak volgens haar die vonk wakker.

Volgens Ranjeni mag wit nasionalisme nooit ruimte gegee word in ‘n “nasie” wat reeds onder beleg is nie.


Enjoyed this post? Share it!