Swart Vrou steeds skotvry na aanhitsing tot moord op blankes

‘n Swart vrou se herhaaldelike aanhitsende oproepe om blankes te vermoor, is opnuut in die kollig as nog ‘n geval waar geen vervolging oor rassistiese uitlating plaasgevind het nie.

Palesa Sotjifa hou al sedert twee jaar gelede vol daarmee om op Twitter boodskappe te twiet dat blankes vermoor moet word, en sy is steeds nie vervolg nie.

Twee jaar gelede het sy getwiet: “They were supposed to stop them there and there and kill all of them. We would be having a whites free country.”

Sy het verlede jaar gevra dat die EFF “moet 500 wit mense vir ons doodmaak”.

In ‘n twiet vroeër vanjaar raak sy die volgende kwyt: “As ons regtig die land wou gehad het, sou ons dit vat. Ons praat te veel. As dit wit mense was sou hulle dit gevat het. Waarvoor wag ons?”

Die argument dat sy nie rassisties is nie omdat sy swart is, is ter verdediging van haar op sosiale media gesirkuleer.

Talle gesprekke word gevoer onder die hutsmerk #HandsOffPalesa, waaraan veral jong swartes deelneem.

Die Menseregtekommissie (MRK) het aangedui dat hy wel bewus is van die twiets, maar daar is glo nie ‘n formele klag teen Sotjifa ontvang nie.

Onlangs is berig dat daar steeds nie stappe teen ‘n dosent in regte aan Unisa, Benny Morota, gedoen nadat hy blankes as “kokkerotte” op sy Facebook-profiel beskryf het nie.

Hy het reeds in Januarie op Facebook geskryf: “I hate white people and must go back wherever they come from or alternatively to hell.”

Hy het in die kommentaargedeelte onderaan geskryf, hy wag vir sy werkgewer om hom aan te kla.

Hy het egter nog uitsprake in Januarie op Facebook gemaak, en met haatuitsprake geantwoord op mense se reaksies. Enkele frases daaruit verwys na “white cockroach like yourself..” en “….you pink white murderer…”

‘n Brief oor Morota se haatspraak is aan die vise-kanselier, prof. Mandla-Makhanya, die dekaan van die regsfakulteit en Unisa se ombudsman gestuur, waarna Morota van haatspraak aangekla is.

Maar na vyf maande het daar klaarblyklik steeds niks gebeur nie.

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Akhenaten C.T.

    Dis rassisties, help nie om kwaad te word nie. Neem haar hof toe sodat sy met R150,000 beboet word.