Swartes Het Hul Eie Apartheid Geskep Saam Met Die Britse Regering in 1845


Apartheid met ‘n nuwe baadjie die ergste gruwel uit!!!

ARTIKEL 1:

Swart selfstandigheid is al vanaf 1845 met ons. Verwys na die Shepstone Beleid, wat die Britse regering ingestel het, sodat elke ETNIESE swart volk in Suid-Afrika apart kan lewe. Selfstandigheid sal nooit werk nie

Tans is daar 11+ TRUSTLANDE, aka TUISLANDE aka Reserwes is nog altyd afhanklik van die belastingbetalers en te lui om self te werk. En binnekort sal daar seker nog “konings” bygevoeg word.

Hierdie gebiede, nes ons eie Orania’s, Kleinfonteins, Balmorals, ens., is onderworpe aan die Grondwet van die land, asook Swart bemagtiging, waar hulle blanke en anderkleuriges se besighede kan OES.

Dieselfde onteieningswet geld ook vir hierdie gebiede.

SWART Trustgebiede het hul duisende skole, hul eie tradisies, hul eie stelsels, hul eie koninklike leiers, terwyl Blankes en Indiers, geen reg tot ‘n eie grondgebied het nie.

Grondgebiede behoort reeds aan die regering, daarom sal die regering nie rus voor alle grond kommunisties hul eiendom is nie..

Die liberales, FW de Klerk Stigting, Solidariteit, Afriforum, en ander, verkondig aan die wereld, via Naspers dat “selfstandighed”, die oplossing is – SELFSTANDIGHEID kom uit 1845, dit het steeds na 1994 voortgegaan.

Daar is selfs baie sulke gebiede wat dink hulle is “selfstandig” maar nes ons ander, slawe van die kommunistiese regering.

Hierdie rassistiese en diskriminerende wette is spesifiek afgekondig om ons totaal en al af te breek.

Ons laat dit toe, want ons kon al lankal ons Eksterne Selfbeskikking opge-eis het.

Dit word in ons keelgatte afgegooi, om vermoor en ekonomies ontman te word.

Dit genereer vir die monopolistiese REGSBANK, ‘n uiters florende inkomste, waar elke regstellende saak – AA, B-BBEE, waar stode/dorpe/straatname verander word, grond wat beset word, alles gaan na die REGSTAAT se regsbank – en wie trek voordeel daaruit?

Die REGSTAAT is deur die Broederbond aan die regering verkoop en dis na 1994 ge-implementeer.

Dis ons eie mense, onder ons, wat hierdie REGSTAAT opereer en manipuleer van bo af of ons totaal en al te knak.

Amptelike voorleggings oor misdaad en veral plaasmoorde, is al sedert 2000 aan oorsese organisasies gemaak – verskeie, UNPO, Holland en ander regerings, honderde petisies, rooiballon optogte…..

En het dit al enigsins ‘n impak gehad? Honderde flieks en boeke is geskryf oor ons moorde en misdaad – waar gaan al hierdie inkomstes heen?

Beveilig julleself, want die regering of ander regerings gaan nie tot ons redding kom nie. Sluit aan by buurtwagte en plaaswagte. Moorde en misdaad gaan nie verdwyn nie – dis ‘n inkomste vir die REGSTAAT.

Artikel deur Selfbeskikking/Self Determination

 

Artikel2

Nuwe wette oor bemagtiging skok

BREE SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING

Davies beskuldig van ’n ‘ander agenda’

Pretoria. – Ontleders is onkant betrap en ontsteld oor die wysigings aan die Wet op Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging wat Donderdag aangekondig is.

Dié wysigings word klaarblyklik volgende Vrydag van krag. Die grootste skok was dat dit lyk asof sekere vereistes wat uit die vorige kodes gelaat is nadat dit ’n groot polemiek veroorsaak het, weer terug is, sê Louis McLaren, ’n konsultant van BEE2Business.

Een daarvan handel oor die definisie van bemagtiging in ondernemings.

Op grond daarvan gaan niemand erkenning kry nie, sê McLaren.

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, en Nomonde Mesatywa, hoof van die departement se swartbemagtigingseenheid, het Donderdag op verskillende geleenthede op die eerste SEB-beraad in Midrand besonderhede van die wet en SEB-kodes bekend gemaak.

Daar is kommer oor die insluiting van ’n minimum drempel van 40% swart eienaarskap asook bepalings oor vaardigheids- en verskafferontwikkeling in die SEB-telkaart, sê dr. Wilmot James, DA-woordvoerder.

Dié vereistes kan maatskappye ontmoedig om voort te gaan met beplande bemagtigingsinisiatiewe as hulle in elk geval nie die minimum vereistes sal kan bereik nie, sê hy.

Die DA is ook verbaas daaroor dat daar geen verdere geleentheid vir openbare kommentaar is voordat die kodes van krag word nie.

Volgens Davies word die gewysigde kodes reeds volgende Vrydag van krag, sê Piet le Roux, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Wat ontstellend is, sê Le Roux, is dat dit Suid-Afrikaners in die algemeen sal benadeel.

Hy sê die oënskynlike bedoeling was om ekonomiese voordele vir swart mense te skep, maar dit sal eerder tot gevolg hê dat alle Suid-Afrikaners benadeel word omdat Davies “ongelukkig ’n ander agenda het met die wet”.

Volgens hom het Davies in Oktober 2012 gesê SEB is nie net ’n maatskaplike en politieke noodsaak nie, maar dat daar seker gemaak moet word die land se ekonomie, beheer, eienaarskap en leierskap weerspieël die demografie van die gemeenskap op die dieselfde manier as wat die politieke ruimte dit weerspieël.

Le Roux sê die uiteinde van die gewysigde wet en kodes gaan beteken dat ’n veelrassige elite met ’n groot swart komponent “by ’n trog gaan eet waarby net hulle baat gaan vind – tot nadeel van verbruikers”.

 Netwerk 24

10151424_10204372795712591_7909074554208723702_n

Artikel 3

ANC ís medeverantwoordelik vir ekonomiese krisis  Solidariteit

Die vakbond Solidariteit het vandag gesê dat die ANC ook vir die verswakking in die plaaslike ekonomie verantwoordelik is. Dit volg nadat die minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel, gister in reaksie op ʼn parlementêre vraag die ANC se aandeel in Suid-Afrika se sukkelende ekonomie probeer ontken het.

Hoewel die wêreldwye ekonomiese krisis tereg nie voor die ANC se deur gelê kan word nie, vererger én verleng die ANC se oorregulering van die ekonomie, veral transformasie en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB), die verswakte ekonomiese toestand in die land. Daarby werk die regering se oormatige inmenging in die plaaslike ekonomie onnatuurlik op markte in.

“Al hierdie faktore het daartoe gelei dat Suid-Afrika se beleggingsvertroue die afgelope paar jaar drasties afgeneem het. Daarby ontmoedig die ANC se oormatige fokus op swart eienaarskap entrepreneurs om hul sakebedrywighede in Suid-Afrika te vestig. Werkskepping ly dus hieronder, terwyl SEB- bevoordeelde entrepreneurs en sakemanne, vanweë hul politieke status, onder minder druk is om op die belange van die verbruiker en die ekonomie te fokus,” sê Hermann.

Hermann voeg by dat die ekonomiese impak van sistemiese korrupsie, waarvan die Nkandla-debakel ʼn simbool geword het, nie onderskat moet word nie. “Deur die sistemiese korrupsie waaronder die staat gebuk gaan, plaas die regering die volhoubaarheid van Suid-Afrika en die welsyn van sy burgers op die spel. Dit word toenemend duideliker dat burgerlike drukgroepe steeds noodsaakliker word as waghonde om te verseker dat die regering op alle vlakke tot verantwoording geroep word,” sê Hermann.

Solidariteit -Woensdag, Augustus 19th, 2015

 

Regstellende aksie wette

Wit gestremdes is op die oomblik deel van die definisie van die aangewese groep in die Wet op Billike Indiensneming, wat regstellende aksie reguleer, maar is nie meer deel van die definisie van die aangewese groep in die BBSEB-wet nie.

Wit vrouens word ook uitgesluit.

Liefdadigheid organisasies loop ook deur want as die begunstigdes van die liefdadigheid nie 75% swartes is nie kwalifiseer hulle nie vir donasies op die BBEEE stelsel nie.

Artikel 4

Huidiglik

ANC BEHEERDE “TSWANE” STADSRAAD SNY WIT KINDERHUIS SE KRAG SUMMIER AF VIR “WANBETALING” TERWYL KINDERHUIS VOLHOU KRAG IS OP DATUM BETAAL.

Terwyl die “grootmense” stry of ’n kragrekening betaal is of nie, ly honderde kinderhuiskinders daaronder. Kinders van die Jakaranda-kinderhuis in Pretoria moes Vrydagaand in koue water bad nadat die krag vroeër die dag afgesny is. Die Tshwane-metro hou vol dat die kinderhuis se kragrekening met R574 903 agterstallig is, terwyl die kinderhuis sê dit is ten volle vereffen. Lindela Mashigo, woordvoerder van die metro, het gesê volgens die state het die kinderhuis sy kragrekening in Mei laas vereffen. Sy waterrekening is volgens Mashigo ook agterstallig. “ Hul grootste bekommernis is dat die maand se kos in hul vries- en yskaste sal vrot word en hulle dan ook ’n voedseltekorte sal hê. ”

Barbara Breytenbach van die kinderhuis se finansiële afdeling het gesê ’n munisipale werker het kort ná 12:00 opgedaag, die krag “sonder enige waarskuwing” afgesny en toe die rekening aan haar oorhandig. Volgens Breytenbach het sy op 2 Julie R102 000 betaal en op 27 Julie R98 000. “Ons rekening is op datum,” het sy volgehou.

Die kinderhuis is ’n nie-winsgewende organisasie en sien na sowat 250 kinders van tussen drie en 18 jaar oud in 21 huise om. Hul grootste bekommernis is dat die maand se kos in hul vries- en yskaste sal vrot word en hulle dan ook ’n voedseltekort sal hê. Die Jakaranda-kinderhuis hou sedert 2010 jaarliks in Desember ’n Kersliggiefees. Al 21 huise word dan met miljoene Kersliggies verlig sodat die publiek daarna kan kom kyk. Dit is die kinderhuis se grootste geldinsamelingsprojek.

Yolanda Techman, ’n huismoeder, het gesê van die kleiner kinders het Vrydagaand sommer in mekaar se badwater gebad om nog van die beskik- bare warm water te gebruik. Die ouer kinders het later óf nie gebad nie óf moes met koue water tevrede wees. Gelukkig kon die kinders wors en pap eet wat op ’n vuur gaargemaak is, maar Techman het gesê hulle kan dit nie elke aand doen nie weens die koste van vuurmaakhout en houtskool. Daar is wel kerse, gaslampies en- stowe in voorraad. Die kinders se wasgoed hou volgens Techman ’n verdere uitdaging in. “Ons moet die naweek hul skoolklere was.

Maar intussen skuld wanbetalers in Soweto R532 miljoen in agterstallige krag rekenings en die ANC regime verbied ESKOM om hulle krag af te sit. Verder laat weet die ANC ” Mayor” van Pretoria –Kgosientso Ramokgopa– aan kontrakteurs om slegs BLANKE areas se krag af te sit vir wanbetaling – en NIE swart areas se krag nie. WIE is nou die “rassiste?

Die kinders is slagoffers van die BBEE wetgewing wat bepaal besighede  BBBEE punte kry  wanneer hulle donasies aan liefdadighede skenk met die voorwaarde dat 75% van die ontvangers van die donasie bestaan uit die vooheen benadeelde groep.

By die Jakaranda huise is 75% van die kinders wit Afrikaanse kinders

So geen korporatiewe donasies vir hulle nie – wit kinders moet ly omdat hulle wit is en te veel wittes in die kinderhuis om donasies te ontvang. Ongelukkig vir die voorheen benadeelde kinders, wat ‘n klein persentasie uitmaak ly hulle ook nou saam met die wit kinders maar die Hoogsaangeskrewenes in die regering lewe te heerlik op belasting geld waarvan hulle miljoene vermors en die land verder die afgrond laat afsnel.

Nou hoor ek stemme wat sê ek sal nie help nie want dit is nie net vir die wit Afrikaner kinders nie  maar ek los jou vanaand met die scenario – Jy het ‘n hondjie waarvoor jy baie lief is en vir wie jy enige iets sal doen.  Jou hondjie het 10 bosluise op hom,  gaan jy jou hondjie nie kos gee omdat die bosluise ook gevoed gaan word ?

white-poverty-and-little-sympathy-in-south-africa


10013963_209979842546006_1375126004_n

Ons kyk môre aand in meer besonderheid na die spesifieke wetgewing

 

Enjoyed this post? Share it!