Burgemeester van Bloem sit sonder ampsmotor na balju beslag daarop lê

Olly Mlamleli, burgemeester van die Mangaung-metro, se ampsmotor, ’n pikswart BMW X5 met registrasienommer FWG 393 FS, waarop die balju beslag gelê het. Dit het reg langs die parkeerplek van die speaker se motor in die parkeergarage onder die Bram Fischer- munisipale gebou geparkeer gestaan. 

Die balju het Donderdag beslag gelê op Olly Mlamleli, uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, se luukse ampsmotor, twee platskerm-TV-stelle van haar kantoor en 100 kantoorstoele van die metro weens uitstaande skuld aan ’n kontrakteur.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Munisipaliteit van Brits kan nie water bekostig, maar 1ste burger ry in weelde

Terwyl die Madibeng-munisipaliteit (Brits) nie sy waterrekening kan betaal nie en regeringstoelaes gebruik word om skuld te delg, huur die burgemeester ’n luukse Mercedes-Benz teen R3 060 per dag. Die koste om die Mercedes te huur het onlangs in ’n geskrewe antwoord van die munisipale bestuurder, MG Magole, op vrae van Eddie Barlow, DA-koukusleier van […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!