VF Plus maak plan om misdaad en plaasmoorde in die provinsie suksesvol te bekamp

ʼn Gesprek tussen die VF Plus en die leierskap van Gauteng oor misdaad en plaasmoorde het ʼn positiewe uitvloeisel gehad en daadwerklike planne van die VF Plus om die probleme met gesamentlike aksies aan te spreek, is in beginsel aanvaar en die onderneming is van regeringskant gegee dat dit so uitgevoer gaan word. Die VF […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Dorp Muldersdrift in Gauteng loop deur onder vlaag van misdaad

Minstens tien gewapende rooftogte het die afgelope maand in die Muldersdrift-omgewing in Gauteng plaasgevind. ʼn 15-jarige meisie het wonderbaarlik oorleef nadat sy Dinsdagaand sewe keer geskiet is by ʼn huis in die area van die Avianto-landgoed. Jarques Treptow, eienaar van die Drift Reaction-veiligheidsmaatskappy, het gesê daar was tussen 6 Oktober en 7 November minstens tien […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Binne 5 uur klap skote op 4 verskillende plekke in Gauteng

Paramedici is Woensdagaand ontbied na vier verskillende skietvoorvalle in Gauteng wat binne vyf uur plaasgevind het. Die eerste skietery het om 18:38 in Centurion plaasgevind toe ’n gewapende veiligheidswag (33) beroof en doodgeskiet is. Volgens Netcare911 wie se personeel na die toneel ontbied is, was die wag se patrollievoertuig in ’n veld by Olievenhoutbosch, ’n […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Daar word gelieg deur die ANC oor huise in Gauteng

Dit is amptelik. Die agterstand van behuising in Gauteng staan nou op ‘n skandelike 500 000 huise. Die LUR van Behuising in Gauteng, Paul Mashatile, het gister in ‘n berig van The Citizen erken dat die behuisingsagterstand in Gauteng op hierdie enorme syfer te staan kom. Die VF Plus se LPW in Gauteng, Mnr. Philip […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Minister van Polisie vra weermag se hulp om misdaad te bekamp

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Dinsdag ʼn beroep op die weermag gedoen om die polisie by te staan om misdaad in Gauteng en die Wes-Kaap te beveg. “Toe ek die gemeenskap in Elsiesrivier besoek het, het een gemeenskapslid die bendegeweld as terreurdade beskryf. Ek wil vir julle sê ek het julle gehoor en ek […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Jan alleman en publiek word mislei deur bekende kettingslaghuis Meat World

Meat World, ʼn bekende kettingslaghuis met 14 winkels in Gauteng, Noordwes en Mpumalanga, het gesê hy sal ondersoek instel na bewerings dat etikette met nuwe vervaldatums op vervalde vleis en vleisprodukte aangebring word en dat bederfde vleis sodoende aan kliënte verkoop word. Dit kom nadat Carte Blanche Sondagaand ʼn insetsel uitgesaai het waarin ʼn ondersoek […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Twee slagoffers beseer tydens twee afsonderlike kleinhoewe-aanvalle in Suid-Afrika

Twee afsonderlike kleinhoewe-aanvalle het hulle Dinsdag in Noordwes en Gauteng afgespeel. Die eerste aanval het noord van Potchefstroom in die Rysmierbult-omgewing langs die R501 plaasgevind. Kapt. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn man en vrou het in hul huis televisie gekyk toe hul honde omstreeks 21:15 op die kleinhoewe […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Arsenaal wapens in besit gekry van Panjo die tier se baas

Die eienaar van Panjo die tier sal Vrydag in Springs formeel om borgtog aansoek doen nadat hy in ’n polisieklopjag met handgranate, springstof en sowat 1,5 miljoen koeëls vir drie verskillende soorte gewere in hegtenis geneem is. Augusto Perreira Fernandes (65) het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Springs op voorlopige aanklagte van oortredings van […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde van Springs met middel ingespuit, vasgebind en beroof

ʼn Bejaarde vrou van Springs in Gauteng is van ʼn groot bedrag geld beroof nadat sy in haar huis oorval en met ʼn onbekende middel ingespuit is. Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het Dinsdagaand omstreeks 21:30 in Snymanlaan plaasgevind. “Die 75-jarige vrou is in haar blyplek deur onbekende verdagtes oorval wat haar […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Vrou kritiek ná aanval op kleinhoewe in Muldersdrift omgewing

ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in die Muldersdrift-gebied in Gauteng geskiet is. Konst. Lucky Matome, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Saterdag omstreeks 20:30 na die kleinhoewe in die Rietfontein-gebied ontbied en het die vrou aangetref waar sy in […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!