Plaasaanval te Komatipoort, man dood en vrou in kritieke toestand

’n Boervrou van Komatipoort in Mpumalanga is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal en ’n 25-jarige man is doodgeskiet nadat drie aanvallers Sondagoggend op hulle losgebrand het.

Inligting is in dié stadium nog skraps, maar volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, is die jong man verskeie kere geskiet en is op die toneel dood toe drie gewapende aanvallers op die plaas toegeslaan het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kuberkrakers slaan toe op Liberty en eis glo miljoene Rande

Die finansiële diensteverskaffer,Liberty Life, het laat Saterdagaand aangekondig dat hy die nuutste slagoffer van kuberkrakers was.

ʼn Boodskap wat op Liberty se webtuiste geplaas is, lui soos volg: “Liberty betreur dit om te bevestig dat ons onderwerp is aan ongematigde toegang tot ons IT-infrastruktuur. ʼn Eksterne party beweer hy het data van ons gesteel en het ons in kennis gestel van moontlike swak plekke in ons stelsel – hy het vergoeding hiervoor geëis.”
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kontantwa slegs 400 meter van SAPD beroof

Nog ‘n kontantwa roof het plaasgevind, hierdie keer in die Kaap. Wat die brutaliteit daarvan beklemtoon, is dat dit 200 meter van die Philippi polisiestasie plaasgevind het.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Fop dokters neem toe in SA – Is jou dokter rerig ‘n mediese dokter?

Die Valke het ses persone gearresteer wat hul voorgedoen het as mediese dokters.

Hulle het “praktyke” bedryf in Bellville, Paarl, Khayalitsha en Philippi.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kleinhoewe aanval in Springs – aanvaller dood en man gewond

’n 55-Jarige man is gewond en ’n vermeende aanvaller dood tydens ’n aanval op ’n kleinhoewe naby Spring Dinsdagoggend.

Die voorval is bevestig deur Kapt. Johannes Ramaphora, woordvoerder van die polisie, hy het gesê die voorval het tussen 01:00 en 02:00 op ʼn kleinhoewe by Ermeloweg in Vischkuil, oorkant Endicott, plaasgevind.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Hartbeesfontein plaasaanval: boer 5keer deur boewe geskiet

‘n Boer wat in die Noordwes-provinsie woon, is gister 5 keer tydens ‘n plaasaanval geskiet.

Kallie Van Heerden is vyf keer geskiet deur drie onbekende mans wat hom op sy plaas in Rooikuil net buite Hartbeesfontein gekonfronteer het. Volgens sy vrou, Thelma, is hy in ‘n kritieke toestand en het interne bloeding a.g.v. die aanval. Van Heerden is net ná 16:00 Maandagmiddag in die hand, elmboog, skouer en bors geskiet.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Riebeeck Kasteel in chaos gedompel toe winkels bestorm en besteel is deur protesgangers

Riebeeck Kasteel is deur protesgangers in chaos gedompel toe winkels bestorm en besteel is.

‘n Behuisingsprotes het klaarblyklik ontaard in die optrede en selfs die ou Royal Hotel het deurgeloop. Sporadies brande is ook gestig en polisie was op die toneel.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Rowers gewapen met messe sluit 4 polisiebeamptes in aanhoudingsel toe tydens rooftog by polisiestasie

’n Polisiestasie in Eden Park in Alberton aan die Oos-Rand is Donderdag in die oggendure beroof en vier polisiebeamptes is in ’n aanhoudingsel toegesluit.

Woordvoerder van die polisie ,Kapt. Lesetja Mathobela het gesê die voorval het omstreeks 00:30 plaasgevind.

“Vier polisiebeamptes, almal vroue, was aan diens toe twee mans by die stasie ingeloop het en gemaak het of hulle hulp verlang,” het Mathobela gesê.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kommissaris van polisie wil nou oud-lede terug kry om misdaadprobleem op te los – gaan blanke lede ook welkom wees?

Die nasionale polisie kommissaris, Khehla Sithole, sê hy oorweeg dit om gewese lede van die SAP te vra om weer aan te meld vir diens.

Hy gaan glo ‘n konferensie van polisie veterane byeenroep waar maatreëls bespreek gaan word hoe om die misdaadprobleem van die land op te los.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Pakskuur vol sitrus aan die brand gesteek tydens onwettige prostesaksies

Kratte vol sitrus is vernietig toe ’n pakskuur in die Sondagsriviervallei aan die brand gesteek is te midde van onwettige protesaksie oor loonverhogings.

Die pluk en pak op die meeste sitrusplase in onder meer die distrikte Addo en Kirkwood staan reeds ongeveer ’n week lank stil. Onwettige stakers intimideer werkers en verhinder hulle om met hul werk voort te gaan.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Berigte doen die rondte dat plaasmoorde daal – Wie probeer hulle bluf? Dit daal gin, dit styg!

Die getal plaasmoorde het nie gedaal soos AgriSA en die polisie sê nie. Die syfers wat hulle gebruik, is nie betroubaar nie, sê TLU SA en die politieke ontleder Piet Croucamp.

Inteendeel, die getal plaasmoorde het volgens TLU SA toegeneem.

AgriSA haal die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) as bron aan.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Gewapende wagte ontplooi by Oos-Transvaalse hospitale

Die vroeëre berig oor die verslegting of selfs ineenstorting van die land se gesondheidsektor is verder belig met die aankondiging dat Oos-Transvaal se hospitale en klinieke nou gewapende wagte gaan kry om die veiligheid van personeel en pasiënte te verseker.

Dit volg na ‘n klomp rooftogte by van die fasiliteite.

Die koste verbonde aan die ontplooiing van die wagte is nog nie bereken nie.

Foto: Ter illustrasie

Deur: Die Vryburger
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!