G’n wolhaarstorie! – 6 gesteelde skape in Tazz geprop

Twee vermeende veediewe is Saterdagaand vasgetrek toe hulle ses gesteelde skape in ’n Toyota Tazz ingedruk het.

Die skape is in die motor se kattebak en op die agterste sitplek gekry.

Die polisie in Cathcart, ’n klein dorpie tussen Queenstown en Stutterheim in die Oos-Kaap, het tussen die plase in die omgewing gepatrolleer toe hulle op die volgepakte voertuig afgekom het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Grondbesetting ruk Oos-Kaapse boere – dit is ‘n realiteit en nagmerrie!

Grondbesetting, talle Suid-Afrikaanse boere se grootste nagmerrie, het vir die Featherstones van Queenstown ‘n realiteit geword toe ‘n groep mense ‘n deel van hulle grond opgeëis het. ’n Dispuut oor grond wat al meer as 40 jaar voortsleep en frustrasie met die Regering se trae vordering met grondhervorming en bemagtiging het tot ’n grondbesetting buite […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!