Kontantwa slegs 400 meter van SAPD beroof

Nog ‘n kontantwa roof het plaasgevind, hierdie keer in die Kaap. Wat die brutaliteit daarvan beklemtoon, is dat dit 200 meter van die Philippi polisiestasie plaasgevind het.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Rowers gewapen met messe sluit 4 polisiebeamptes in aanhoudingsel toe tydens rooftog by polisiestasie

’n Polisiestasie in Eden Park in Alberton aan die Oos-Rand is Donderdag in die oggendure beroof en vier polisiebeamptes is in ’n aanhoudingsel toegesluit.

Woordvoerder van die polisie ,Kapt. Lesetja Mathobela het gesê die voorval het omstreeks 00:30 plaasgevind.

“Vier polisiebeamptes, almal vroue, was aan diens toe twee mans by die stasie ingeloop het en gemaak het of hulle hulp verlang,” het Mathobela gesê.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Beter vuurwapen opleiding is dalk nodig vir polisie lede

‘n Bekende sportwinkel in Cresta het Dinsdag deurgeloop onder ‘n roof waar vyf rowers loopfone en ander goedere gesteel het.

Tydens hul vlug van die toneel het die polisie drie verdagtes in hegtenis geneem waarvan slegs een gewond is tydens ‘n oor en weer skietery.

Waarnemers meen dat beter vuurwapen opleiding dalk nodig is vir polisie lede.

Deur: Die Vryburger
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Vrou van Port-Elizabeth oorleef panga-aanval in slaapkamer

‘n Vrou van Port Elizabeth het Dinsdagoggend ’n aanval oorleef toe drie rowers haar in haar slaapkamer met ’n panga aangeval het.

Volgens die polisie het drie mans omstreeks 02:00 toegang tot die huis in Fallonweg in Kamma Creek verkry.

Hulle het glo deur ’n oop venster sonder diefwering geklim. Die vrou is met ’n panga op haar arms gekap voordat die rowers met selfone, ’n beursie en geld gevlug het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Rowers kom hul moses tee toe Polisieman en seun hul saam vast trek

As die mense maar geweet het hul slagoffer se werkgewer is ’n polisiekaptein. As hulle maar geweet het die kaptein se seun, met ’n swart belt in karate, het nie ’n bang haar op sy kop nie.

Dan sou hulle dalk nie twee mense in ’n paar minute aangeval en beroof het nie.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Polisiekonstabels in hof ná rooftog by supermark in Standerton

Vier polisiekonstabels wat na bewering op 7 Januarie ’n supermark in Standerton beroof het, is Woensdag in die landdroshof op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Egpaar van Marquard wreed aangeval in rooftog

‘n Landbou-adviseur en sy vrou van Marquard in die Vrystaat is in ‘n stabiele toestand in ‘n Bloemfonteinse hospitaal nadat hulle Saterdagnag in ‘n rooftog wreed in hul huis aangeval en met die dood gedreig is. Lourie van der Merwe en sy vrou Celia se dogter Ilse Botha het gisteraand aan OFM-nuus gesê die rower […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Bejaarde vrou van Stellenbosch in plaashuis aangeval, honde doodgesteek

Haar ma se aanvallers het haar vermoedelik ingewag. Só het Marlene Botha van Durbanville Maandag gesê nadat haar ma, Susan Joubert (87), Sondag kort ná 16:30 deur vermoedelik drie of vier aanvallers in haar huis op die plaas Aan-Den-Weg, buite Stellenbosch, aangeval en van haar besittings beroof is. Haar ma se twee honde is deur […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Rowers dreig om vyfjarige meisie in oond te druk tydens huisrooftog

Vier booswigte het ’n gesin gedreig om ’n vyfjarige kleuter in die oond te druk as die gesin nie hul versoek gehoorsaam om waarde volle items aan hulle te oorhandig tydens ’n huisrooftog nie. Die voorval het afgespeel Dinsdag oggend omstreeks 08:45 in Old Inandaweg in Verulam in KwaZulu-Natal. Volgens ’n verklaring van Reaction Unit […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Gewapende rowers slaan toe op Port Elizabethse lughawe

Twee gewapende rowers het Dinsdagoggend vroeg veiligheidswagte by die Port Elizabethse lughawe met vuurwapens aangehou voordat hulle met ʼn onbevestigde bedrag kontant op die vlug geslaan het. Die rooftog het glo by die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy (Acsa) se kantoor oorkant die Wimpy-restaurant plaasgevind. Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê twee werknemers was omstreeks […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Skote klap in Grove Mall sentrum in Pta – Verdagte in hospitaal vasgetrek

ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem in verband met sy beweerde betrokkenheid by Donderdagoggend se rooftog by The Grove Mall in die ooste van Pretoria. Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte is Donderdagaand in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in hegtenis geneem toe hy mediese hulp gesoek het. Volgens Mavimbela […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!