Uiteindelike oorwinning vir Transnet pensioenarisse

Die Grondwetlike Hof het uitspraak ten gunste van die Transnet-pensioenarisse gelewer, wat hulle die reg gee om met ‘n klasaksie voort te gaan vir ‘n eis van etlike miljarde rande teen Transnet.

Die hofsaak spruit uit beloftes wat die destydse SA Spoorweë aan pensioenarisse gemaak het dat hulle………
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Daar heers chaos by Vereeniging munisipaliteit, David Makhura se kop word geeis

VF Plus eis dat die premier van Gauteng, David Makhura, daadwerklik moet ingryp by die krisis in Emfuleni (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging). Philip van Staden van VF Plus sê die krisis is besig om handuit te ruk nadat die munisipaliteit in algehele wanorde gedompel is en nie in staat is om sy agterstallige rekening van R419 miljoen by Randwater te betaal nie.

Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kommer dat staatsdienspensioenfonds bedenklik bestuur word

Terwyl daar groot vrae hang oor Vrydag se beoogde notering van ʼn nuwe mediamaatskapppy wat straks deels moontlik gemaak kan word met geld van die staatsdienspensioenfonds (SDPF), raak dit al hoe duideliker dat die SDPF se geld in ʼn velerlei bedenklike transaksies gestroop word.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

MRK verantwoordelik vir rassistiese uitsprake, haatspraak en opsweping tot geweld van die EFF-leier Julius Malema

Die Menseregtekommissie (MRK) moet verantwoordelikheid neem vir die opruiende rassistiese uitsprake, haatspraak en opsweping tot geweld van die EFF-leier Julius Malema weens die MRK se jarelange versuim om teen hom op te tree, selfs na verskeie formele klagtes wat die VF Plus teen Malema ingedien het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Tammy Wessels van VF Plus sê die Vrystaat het onder Ace Magashule gely

Die uittrede van die huidige premier van die Vrystaat, Ace Magashule, kan nie vinnig genoeg plaasvind nie, reken Tammy Wessels van VF Plus. Die Vrystaat het vir die afgelope nege jaar onder Magashule se bestuur gely as gevolg van ongekende korrupsie, bedrog en diefstal van belastingbetalers se geld wat veronderstel was om die lewens van Vrystaters te verbeter.

Die VF Plus verwelkom die skuldigbevinding van Isaac Seoe,
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Om ‘n wit boer in Suid-Afrika te wees, is amptelik die dodelikste werk op Aarde

Die VF Plus het met skok en afgryse verneem dat nog ‘n boer in Suid-Afrika vanoggend vermoor is. Mnr. Dirk Steenkamp is vanoggend ongeveer 8vm koelbloedig op sy plaas naby Vredefort in die Vrystaat doodgeskiet.

Hierdie is die soveelste aanslag op die Suid-Afrikaanse boeregemeenskap en is die direkte gevolg van die ANC-regering en die EFF se roekelose en onverantwoordelike uitsprake oor grondonteiening en blatante en populistiese leuens oor wittes wat die grond gesteel het. Die regering het Steenkamp se bloed op hulle hande.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Cyril Ramaphosa oor Regstellende Aksie: “Wit mense, veral wit mans, domineer steeds die senior posisies in die ekonomie”

Die VF Plus wil hê die publiek moet hul stories deel oor hoe die beleid van Affirmative Action teen hulle diskrimineer op grond van hul velkleur, sê Tammy Wessels, Jeugleier van dié party.

In sy repliek op die debat oor die staatsrede, het pres. Cyril Ramaphosa gesê: “Wit mense, veral wit mans, domineer steeds die senior posisies in die ekonomie.”
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Cyril verstaan nie gelyke regte vir almal in nuwe SA

President Cyril Ramaphosa se verwysing na bevoorregting van die wit jeug en Regstellende Aksie (RA) en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB), wys dat hy nie die argument van gelyke regte vir almal in Suid-Afrika verstaan nie.

Die leier van VF Plus, dr. Pieter Groenewald, sê Ramaphosa se gebruik van werkloosheidstatistiek wat daarop dui dat 20% van die swart jeug werkloos is teenoor slegs 7% wit jeug, en sy aanname dat die wit jeug daarom steeds bevoorreg is, beteken dat hy eers gelykheid sal aanvaar as albei groepe dieselfde werkloosheidskoers het.
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Swart Onderwysers en leerders loop weg by ander skole om by Overvaal te betoog

Meer as honderd onderwysers wat geaffilieer is by Sadtu het hul klaskamers verlaat en opgeruk na Hoërskool Overvaal om daar te gaan betoog teen die “rassistiese” skool. Dit is dus duidelik dat hierdie onderwysers nie ‘n duit omgee wat in die klasse aangaan nie en kundiges wys daarop dat dit, as deel van swak dissipline, […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Sanral en SAPD dreig padgebruikers met massa-sms’e om agterstallige etol-gelde te betaal

ʼn Uiters onsensitiewe veldtog word tans gevoer deur klaarblyklik Sanral en die SAPD waarin padgebruikers met massa-sms’e gedreig word om agterstallige etol-gelde te betaal, asook dat daar strafregtelik teen hulle opgetree gaan word indien ʼn sekere polisiebeampte nie gekontak word nie, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus. Die sms wat glo van […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

DA en EFF raadslede word vir korrupsie en omkopery ondersoek

ʼn Klag van omkopery en korrupsie wat die VF Plus verlede week teen twee Rustenburgse stadsraadslede van die DA en die EFF by die Valke ingedien het, het daartoe gelei dat die plaaslike stadsraad besluit het om hul optrede amptelik te ondersoek. De Wet Nel, VF Plus-raadslid vir Rustenburg, sê die raad se reëls- en […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

VF Plus maak plan om misdaad en plaasmoorde in die provinsie suksesvol te bekamp

ʼn Gesprek tussen die VF Plus en die leierskap van Gauteng oor misdaad en plaasmoorde het ʼn positiewe uitvloeisel gehad en daadwerklike planne van die VF Plus om die probleme met gesamentlike aksies aan te spreek, is in beginsel aanvaar en die onderneming is van regeringskant gegee dat dit so uitgevoer gaan word. Die VF […]
Lees verder…

Enjoyed this post? Share it!