Nóg ’n Vrystaatse dorp se krane het opgedroog

Harrismith in die Oos-Vrystaat het die soveelste dorp in die provinsie geword wat dae sonder water moet deurmaak.

Die watertoevoer na sommige buurte is van Saterdag laatmiddag gesny en sedert Sondag is die hele dorp sonder water. Wanneer krane weer lopende water gaan hê is nie seker nie.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Vrystaat ʼn sinkende skip onder die ANC-regering

Die voortdurende verval van Vrystaatste munisipaliteite, insluitende dié wat al vir ʼn geruime tyd onder provinsiale administrasie is, is ‘n aanduiding dat die Vrystaat ʼn sinkende skip onder die ANC-regering is wat op ʼn onvolhoubare koers voortstu.

Om die sinkende skip te red, wil die ANC-regering die alreeds buitensporige belastings en tariewe is wil verhoog.

Tammy Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, het na ʼn vergadering van die wetgewer se portefeuljekomitee oor samewerkende regering (COGTA) gesê dat die twee Vrystaatse munisipaliteite wat reeds onder administrasie geplaas is, nie veel beter vaar onder die provinsiale regering se ingryping nie. “Inteendeel dit wil voorkom of beide Mafube en Masilonyane slegter daaraan toe is. Die skade is onomkeerbaar groot en sal nooit onder ʼn regering wat sulke skrikwekkende agteruitgang in die eerste plek bewerkstellig het, kan herstel nie.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Die waterkrisis in Kaap duurvoort

Kaapstad met sy meer as 4 miljoen inwoners staar die ergste droogte in 100 jaar in die gesig en 22 April kan die stadsraad alle watertoevoer beëindig. Dit sal gebeur as damvlakke 13,5% bereik. Dit sal beteken dat inwoners by 200 waterstasies elk 25 liter per dag sal ontvang. 20 000 mense sal by elke […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

‘n Droë feestyd dalk ons voorland na aankondiging dat talle munisipaliteite se water dalk afgesny gaan word

Die departement van water en sanitasie het kennisgewings aan minstens 30 munisipaliteite uitgereik dat hul watertoevoer afgesny sal word indien hul skuld nie betaal word nie. Die departement het gesê die munisipaliteite se watertoevoer sal teen 8 Desember afgesny word indien hulle nie skuld wat al langer as 60 dae uitstaande is, betaal nie. Sputnik […]
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!