Taxistaking reeds gewelddadig – talle paaie versper met brandende bande

Soos verwag is, staan die taxistaking van vandag in skrille kontras tot die Swart Maandag protes van boere en hulle simpatisante teen plaasmoorde.

Taxi’s stroom van alle kante na Pretoria, en die eerste berigte is reeds ontvang dat paaie totaal versper word, en dat in sekere gevalle daar reeds bande gebrand word en dat ander motoriste wat op pad werk toe is om die ekonomie aan die gang te hou, se voertuie al onder klippe gesteek is.

In Mamelodi word bande gebrand in Tsamayaweg, Die R513 tussen Zambezirylaan en Cullinan is ook versper by die aansluiting met die N1. By die M17 se aansluiting met die R566 word voertuie met klippe bestook.

Taxi’s wat van Witbank af kom, ry stadig op die N4 in die rigting van Pretoria, en verhoed dat die spitsverkeer kan vloei. Berigte is ook ontvang dat Gilooly’s wisselaar versper word, en dat selfs paaie naby Wolmaransstad versper word.

Foto: Taxi’s het die Moloto kruising toegemaak

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!